‘Ons klein held’

Ten spyte van verskeie operasies is klein Logan Slabbert “die gelukkigste seuntjie ooit”.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Op 27 Desember vier hy sy eerste verjaardag en volgende jaar keer klein Logan Guillaume Slabbert terug na sy geboortestad Kaapstad vir ’n opehartoperasie.

Toe sy en haar man Gerrie uitvind hulle gaan ’n seuntjie ryker word, was hulle ekstaties, sê ma Wilmie. Tydens ’n afspraak op 20 weke het die dokter egter ’n fout met hul ongebore seuntjie se hart opgetel. Ná ’n tweede en derde opinie het die Slabberts besluit om ’n spesialis in Kaapstad te gaan sien. Hul seuntjie is op 24 weke met Tetralogie van Fallot, ’n kombinasie van vier aangebore afwykings gediagnoseer. Die vier afwykings sluit in 'n ventrikulêre septale defek (VSD), longklepstenose, 'n misplaaste aorta en 'n verdikte regterventrikulêre wand (regterventrikulêre hipertrofie).

“Dit was die grootste skok van ons lewens en het ons verpletter. ’n Besluit is geneem dat ek in Kaapstad by die Christiaan Barnard Memorial-hospitaal geboorte moet skenk,” vertel Wilmie.

Klein Logan is op 38 weke met ’n noodkeisersnee gebore en het 2,4 kg geweeg.

Volgens Wilmie was dit egter nie net sy hart wat ’n noodgeval met geboorte was nie, maar hy het ook verskeie fisiese mediese probleme gehad wat nie op skanderings gesien kon word nie.

“Hy het gesukkel om asem te haal en moes geïnkubeer word. Hy het ook ’n anale abnormaliteit gehad wat beteken het hy kon nie ontlas nie,” verduidelik Wilmie.

Logan het sy eerste operasie gehad toe hy ’n skrale dag oud was en wel ’n kolostomie. ’n Paar weke later het hy sy trageostomie gehad sodat die intubasiebuis verwyder kon word. Nie lank hierna nie het Logan sy eerste hartoperasie gehad, die “werklike en primêre rede” hoekom hulle in die Kaap was. ’n Blalock-omleiding is uitgevoer.

“Ná dit alles groei ons klein held elke liewe dag. Hy was so sterk en veerkragtig, selfs ná al die twyfel wat die dokters gehad het. Hy was vir ’n rukkie op ’n ventilator en uiteindelik kon hy self asemhaal en net suurstof gebruik.”

Ná byna drie maande in die pediatriese intensiewesorgeenheid kon Logan uiteindelik op 10 Maart vanjaar huis toe kom.

Volgens Wilmie was al die bogenoemde operasies egter net tydelike oplossings totdat hy groot genoeg is om uiteindelik korrektiewe chirurgie te ondergaan. Logan gebruik steeds suurstof as gevolg van sy harttoestand en sy longe is “steeds ’n bietjie swak”, maar buiten dit is hy “die gelukkigste seuntjie ooit”.

Die Slabberts keer in Januarie aanstaande jaar terug na Kaapstad vir opvolg korrektiewe operasies wat onder meer ’n opehartoperasie en die omkeer van die kolostomie insluit.

Hoewel die gesin ’n mediese fonds het, betaal hulle steeds die mediese rekeninge van Logan se eerste verblyf en operasies omdat die hospitaal en dokters “ver bo die mediese fonds se tariewe” is en die gesin met “enorme bybetalings” gelaat het.

Logan is ook steeds op verskeie medikasie wat baie duur is. Met sy volgende hospitalisasie en operasies wat wink, beteken dit nuwe mediese rekeninge wat by die bestaande gevoeg gaan word.

Wilmie het nou ’n blad gestig om met die hulp van skarebefondsing geld in te samel.

“Ons sal enigiets vir ons seuntjie doen om te help dat hy groei in die seuntjie wat hy veronderstel is om te wees,” sê Wilmie.

Vir meer inligting oor befondsing kan Wilmie by 081 381 6762 gekontak word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A