Ons almal is ontluikende kunstenaars
Adolf Kaure
Ons is almal kunstenaars van ’n jong ouderdom af.
Terwyl ons in die sand speel, prentjies teken totdat ons kleuterskool toe gaan en prentjies uitknip, word hierdie natuurlike talent ontwikkel.
Elke mens het 'n linker en regter hemisfeer in hul brein. Met die linker hemisfeer wat meer bekend is vir logika, word die regterbrein beskou as die een wat verantwoordelik is om kunssinnig te wees.
Mense is geneig om dominant in die linker óf regter hemisfeer te wees, en tog blyk dit dat ons almal ’n bietjie artistieke talent het, selfs al is ons meer dominant in die linker hemisfeer.
Ek het opgemerk baie ouers probeer hul bes om seker te maak hul kinders fokus meer op analitiese aspekte van leer soos wiskunde en taal, eerder as om hulle aan vakgebiede soos musiek, sport en skilder bloot te stel. Die kinders is dan minder gebalanseerd in hul vermoë om probleme op te los.
Artistieke vermoëns is ook nodig om logiese denke te komplementeer. Kinders wat aan gimnastiek deelneem, het byvoorbeeld die vermoë om hoeke te meet en hul liggame so te gebruik dat dit soortgelyk aan meetkunde is.
Verskeie gimnastiekonderwysers sê ook kinders wat gimnastiek doen vaar uiteindelik akademies beter as diegene wat nie die sport beoefen nie.
Dit is ’n bewys balans is altyd nodig. Dit geld ook vir volwassenes. Baie het hul artistieke begeertes prysgegee. Dit aangesien hulle bang is om uitgelag te word omdat dit algemeen aanvaar word dat dit kinderagtig is.
Baie volwassenes lag vir hul eweknieë wat van plakboek, inkleur, teken, skilder en fotografie hou, want hulle dink dit is net vir kinders bedoel.
Benewens die ooglopende terapeutiese impak wat dit het, is kuns ook 'n vorm van selfevaluering.
Dit is verbasend dat baie skole kunsklasse heeltemal verwaarloos, aangesien dit nie deel van hul kurrikulum uitmaak nie. Dit is regtig jammer, aangesien baie mense 'n bestaan daaruit kan maak en dit 'n manier kan wees om armoede te verlig.
Dit is nie net dit nie, dit is 'n dissipline wat oor die hoof gesien word, en wat ’n negatiewe persepsie skep.
Dit moet verander word sodat almal gesonder kan leef en kuns iets kan wees waarna ons kan draai om ons probleme op te los.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie