Ongelukke: Wat om te doen

29 December 2016 | Ongelukke
Motorongelukke kan enige motoris koue rillings gee, maar die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) gee aan motoriste riglyne wanneer hulle moontlik in ’n ongeluk bevind.

Haal diep asem en bly kalm

Jy kan ’n warboel van emosies ervaar as jy in ’n ongeluk was, maar sodra jy begin kalm word, gaan jy die situasie beter hanteer. Probeer die omvang van die ongeluk vasstel en bepaal of dit ’n ernstige ongeluk was.

Probeer jouself en die ander slagoffers veilig hou.

Indien dit nie vir jou moontlik is om uit die voertuig te klim nie, óf dit is dalk nie veilig om te probeer uitklim nie, bly in die motor en hou jou sitplekgordel vas, skakel die motor se noodligte aan en probeer nooddienste skakel. Indien dit veilig is om uit die motor te klim, beweeg om die motor en plaas jou waarskuwingstekens, soos jou motor se driehoek of fakkels, rondom die ongelukstoneel.

Rapporteer die ongeluk

Probeer vasstel watter beserings almal wat in die ongeluk was, insluitend jy, opgedoen het. Wees egter baie versigtig, want nie alle beserings kan met die blote oog gesien word nie. Maak seker jy het die volgende inligting vir nooddienste byderhand

Wie? Jy gaan gereed moet wees met jou naam en selfoonnommer indien nooddienste later nog inligting van jou gaan benodig.

Wat? Probeer soveel as moontlik inligting oor die ongeluk aan die nooddienste verskaf, byvoorbeeld of daar ’n brand is, is dit ’n gevaar vir ander verkeer, is daar ’n mediese noodgeval ensovoorts.

Waar? Waar het die ongeluk plaasgevind? Die naam van die stad, die pad se naam, rigting waarin gereis was, verkeerstekens en enige ander inligting wat dit vir nooddienste moontlik sal maak om jou te vind.

Kry die ander bestuurder se inligting

Indien daar nog ’n voertuig in die ongeluk betrokke was en julle albei in staat is om te praat, vra vir hul bestuurderslisensie om die nodige inligting van hulle te kry en skryf die besonderhede van die registrasiemerk ook neer. Probeer ook hul selfoonnommer, adres, versekeringsmaatskappy en polisnommer vir versekeringsdoeleindes bekom. Indien die bestuurder nie die voertuig besit nie, probeer om die eienaar van die voertuig se inligting ook te kry.

Probeer soveel as moontlik notas van die ongeluk neem

Neem foto’s en skryf enige belangrike inligting rakende die ongeluk neer voor jy dit vergeet. As jy ’n diagram kan teken van die ongelukstoneel, sal dit jou ook kan help wanneer die nooddienste opdaag.

Soortgelyk

 

Werkersdag vanjaar op Eenhana gevier

5 ure gelede | Arbeid

Die viering van Internasionale Werkersdag op 1 Mei deur die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), sal vanjaar op Eenhana in die Ohangwenastreek geskied.Die tema...

Die SME Bank kry uitspraak

19 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Regter Shafimana Ueitele het gister beslis dat die aansoek wat deur die topamptenare en direkteure van die SME Bank teen die Bank...

Transaksie met Chinese gestop

19 ure gelede | Ministeries

Estelle de Bruyn - Die ministerie van verdediging het in die vorige finansiële jaar ‘n bedrag van N$653 794 000 aan die tesourie terugbetaal.Dit ná...

Namibië laat die voete jeuk

19 ure gelede | In beeld

Dit is plekke soos Bloedkopje in die Namib, afgeneem deur Johann van Schalkwyk, wat Namibiërs se voete laat jeuk om hierdie langnaweek weer die...

ID4Africa in Namibië

19 ure gelede | Gebeure

Estelle de BruynNamibië is van vandag af tot Vrydag die gasheer van die derde konferensie oor identiteitsdokumente vir Afrika - ID4Africa. Die tema van vanjaar...

Jan Robbertze verloor sy stryd teen kanker

19 ure gelede | Mense

Een van die grondleggers van die Namibiese vleisuitvoerbedryf, mnr. Jan Robbertze, is Maandag­oggend in die ouderdom van 82 jaar in 'n aftreeoord in die Paarl...

Weer vir 26 April 2017

19 ure gelede | Weer

BINNHELAND: Miskolle aanvanklik, maar elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees met enkele buie in die streke van Zambezi, Khomas en //Kharas.KUS:...

Geen tronkstraf vir horingsmokkelaar

19 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die Chinese burger Ye Zhiwei (29) wat 18 renosterho­rings deur die Internasionale Lughawe Hosea Kutako via Johannesburg na Hongkong probeer smokkel het,...

Kai Rust laat vaar derde borgtogpoging

19 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - 'n Derde borgtogaansoek sou gister in die streekhof in Windhoek aangehoor word in die saak van moordbeskuldigde Kai Rust, wat al meer...