Ongeluk: Man dood, 7 in hospitaal

18 May 2020 | Ongelukke
Die bestuurder van 'n Isuzu-bakkie is gistergaand in 'n ongeluk met 'n Toyota Prado op die B1-hoofweg tussen Okahandja en Otjiwarongo dood en sewe mense is ernstig beseer.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het die ongeluk omstreeks 19:20 sowat 20 km noord van Okahandja plaasgevind.

Mbeha het gesê die bestuurder van die Isuzu-bakkie met drie passasiers het vanaf Otjiwarongo na Okahandja gereis.

Die bestuurder van die bakkie het glo probeer om 'n ander voertuig verby te steek, maar het trompop met die Prado met vier insittendes gebots.

“Die Isuzu-bestuurder het op die toneel gesterf, terwyl sewe ander van beide voertuie ernstige beserings opgedoen het,” het Mbeha gesê.

Drie vroulike insittendes van die Isuzu (36, 18 en 9) en die 56-jarige bestuurder van die Prado en sy drie manlike passasiers (33, 23 en 20) is na die Okahandja-staatshospitaal geneem.

Die polisiesondersoek duur voort. - Nampa

Foto Nampa

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

5 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

5 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

7 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

8 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

19 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

19 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...