Ondonga-leiers hof toe oor koning
Ondonga-leiers hof toe oor koning

Ondonga-leiers hof toe oor koning

Leiers van die Ondonga tradisionele owerheid het ’n hofaansoek ingedien teen die koningin wat onder meer glo toegang tot die koning belemmer.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Die Ondonga tradisionele owerheid het verlede Vrydag die Windhoek-hoërhof versoek om ’n bevel te gee sodat die owerheid onbelemmerde en onbeperkte toegang tot koning Immanuel Kauluma Elifas mag hê in sake met betrekking tot die tradisionele owerheid en sy lede.

Hulle het verder versoek dat Ondonga-koningin Sesilia Ndapandula Elifas verbied word om toegang tot die koning te belemmer of in die sake van die tradisionele owerheid in te meng.

Hulle vra ook vir ’n bevel dat die tradisionele raadslede Peter Shimweefeleni Kauluma en Fillemon Shuumbwa Nangolo onmiddellike toegang tot die Ondonga-koning moet kry sonder die inmenging of teenwoordigheid van koningin Sesilia.

Die tradisionele owerheid het die hof voorts vir ’n bevel versoek dat die koning deur twee onafhanklike mediese dokters en ’n sielkundige ondersoek word om sy fisieke, emosionele en geestesgesondheid te bepaal. Gebaseer op die uitslag van hierdie ondersoeke, vra die tradisionele owerheid ook vir die mag om die hof te nader vir ’n bevel wat die koning ongeskik verklaar om sy gewone pligte, rolle en funksies uit te voer.

KOMMER OOR GESONDHEID

Mnr. John Walenga, ’n senior tradisionele raadslid van die owerheid, het in ’n beëdigde verklaring gesê die koning se gesondheid het so agteruitgegaan dat hy nie meer na homself kan omsien nie.

Volgens hom is die koning se geheue nie meer goed nie, herken hy selde mense en is hy dikwels ingedagte. Walenga beweer verder die koning kan nie meer die waarheid van valshede onderskei nie en dat hy gevolglik vatbaar vir manipulasie is. Hy sê verder die tradisionele owerheid is op die punt om deur die koningin vernietig te word, berigte oor vermiste vee in die gemeenskap die ronde doen en niemand meer rekening hou van veegetalle en dus die rykdom van die tradisionele owerheid nie.

In sy beëdigde verklaring sê Walenga: “Daar is duidelik ’n leierskapskrisis omdat die koning nie in ’n goeie algemene fisieke en geestestoestand is nie; hy is oud en geïsoleer van sy tradisionele ondersteuningstruktuur.”

Hierdie bewerings word deur koningin Sesilia weerlê in haar beëdigde verklaring wat voor die hof gedien het. Alhoewel sy erken dat die koning in ’n verswakte toestand is, ontken sy dat hy nie in staat is om sy pligte na te kom nie.

Walenga sê ook as gevolg van die gebrek aan toegang tot die koning kan die raadslede nie sekere onlangse besluite bevestig wat glo deur hom gemaak is nie. Hierdie besluite sluit onder meer in die aanstelling van ’n nuwe senior tradisionele raadslid, me. Ester Gwashamba Nepando, die afdanking van agt raadslede in April en die terugtrekking van die erkenning van mnr. Fillemon Shuumbwa Nangolo as die koning se opvolger.

Die koninging ontken dat Nangolo as die koning se opvolger aangewys is. Sy sê ook dat Walenga en ander afgedankte tradisionele raadslede vir eie gewin optree en hulle vir die tweespalt in die Ondonga-gemeenskap verantwoordelik is. Sy sê verder weens sy afdanking het Walenga nie magtiging om ’n hofaansoek namens die Ondonga tradisionele owerheid in te dien nie.

Die aansoekers is deur prokureurs George Coleman en Saima Nambinga verteenwoordig terwyl prokureurs Elias Shikongo en Sandra Miller die koningin verteenwoordig.

Regter Shafimana Ueitele het sy uitspraak voorbehou en het die saak tot 8 Mei vir sy beslissing uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.68/OZ UP +0.16% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0012 | Zinc US$ 2 897.40/T DOWN -0.48% | Brent Crude Oil US$ 84.78/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 979.55/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.68/OZ UP +0.16% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0012 | Zinc US$ 2 897.40/T DOWN -0.48% | Brent Crude Oil US$ 84.78/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 979.55/OZ UP +0.55%