Onderwyser vandag in hof vir verkragting
Ontstoke leerlinge van Jan Möhr Sekondêre Skool in Windhoek het Vrydag tydens 'n protesoptog gevra hoeveel leerlinge moet nóg verkrag word.
Francoise Steynberg
Die 53-jarige onderwyser wat glo verlede week 'n 19-jarige leerling by Jan Mhr Sekondêre Skool verkrag het, is Saterdag by die skool in hegtenis geneem.
Die polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het aan Republikein bevestig die verdagte is tussen 18:00 en 19:00 by die skool in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Terwyl ontstoke leerlinge Vrydagoggend 'n protesoptog by die skool gehou het, het nóg 'n 15-jarige seun glo as slagoffer van die onderwyser na vore gekom.
Die onderwyser, ook 'n sokkerafrigter, is agt jaar gelede van die verkragting van 'n 17-jarige seun by dieselfde skool aangekla, maar is net as koshuisvader geskors en het steeds skool gehou.
“Hoeveel nóg?” het ontstoke leerlinge in dreunsang tydens hul protesoptog gevra.
Die onderwyser het Vrydag nie by die skool opgedaag nie.
“Die onderwyser beter nie terugkom skool toe nie. Die leerlinge sal hom stenig,” het 'n ouer gesê.
MINISTERIE REAGEER
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het Vrydag haar misnoë oor die voorval uitgespreek: “Dis 'n euweldaad en die ministerie veroordeel dit ten sterkste.”
Sy het bevestig klagte is wel aanhangig gemaak en nog voorvalle word ondersoek. Steenkamp het gister bevestig die onderwyser het tydens sy inhegtenisneming ook sy bedankingsbrief ingedien.
“Die ministerie spreek sy sterkste misnoë oor sodomie, verkragting, bloedskande en enige geval van seksuele geweld, intimidasie of mishandeling uit,” het Steenkamp beklemtoon.
“Hierdie geval is uiters ontstellend en kommerwekkend, veral omdat 'n onderwyser betrokke is. Ek verwys daarna as 'n euweldaad wat nooit moreel regverdig kan word nie, ongeag die omstandighede waarin dit plaasvind.”
Die ministerie ondersoek die saak, sê sy. Steenkamp het gesê sy verstaan waarom daar 'n protesoptog by die skool was.
Die onderwyser was volgens Steenkamp twee dae met siekverlof “weens stres”.
“'n Saak is teen die onderwyser aanhangig gemaak en ons verstaan die psigologiese impak en trauma wat die leerling moes deurmaak. Ons het nie net kliniese sielkundige ondersteuning aan die leerling verskaf nie, maar ons beraders het berading aan die leerlinge by die skool gegee,” het Steenkamp gesê.
“Ons verseker die Namibiese nasie die ministerie duld geen verdraagsaamheid teenoor sulke dade nie.
“Dit is in skrille kontras met die wette, ons regulasies en gedragskode,” het sy gesê.
Die 19-jarige leerling is glo Woensdag tydens pouse deur die onderwyser verkrag nadat hy na die gimnasium gelok is om hom te help stoele regpak.
Die skoolhoof het die slagoffer dadelik na die Namibiese polisie se ondersoekeenheid vir geslagsgeweld geneem.
Polisiebeamptes was Woensdag by die skool om ondersoek in te stel.
'n Geestelike leier het Saterdagaand ná die verdagte se inhegtenisneming gesê: “Ek is bly, want reg en geregtigheid kan nou geskied, alhoewel die skade by die kinders ewig is.
“Daar is baie meer slagoffers. Mag God hulle genadig wees.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie