Onderwyser dagvaar skoolhoof, ministerie
Henriette Lamprecht
'n Onderwyser van 'n skool in die Noorde wat aan posttraumatiese stres ly ná 'n beweerde aanranding deur 'n skoolhoof, eis nou skadevergoeding van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.
Mnr. Sedekia Shaango Maharero, 'n onderwyser verbonde aan die Laerskool Omatako op Tsumkwe, dagvaar ook die skoolhoof, mnr. Rodney Sackeus.
Volgens Maharero se verklaring het Sackeus op 4 November 2016 hom “wederregtelik en onregmatig” aangeval deur hom te pootjie en hom grond toe te stamp.
Sackeus het hom glo met die vuis geslaan en geskop, wat gemaak het dat Maharero na bewering erg gebloei het.
Maharero sê die beweerde aanranding het tydens skoolure by die Laerskool Omatako plaasgevind.
Volgens 'n mediese verslag wat Maharero by sy verklaring aangeheg het, ly hy aan posttraumatiese stres en was herhaalde beradingsessies tot op die datum van die verslag nie suksesvol nie.
Deel van die hofdokumente is ook 'n verslag van 'n voorlopige ondersoek wat ná die voorval deur die ministerie van stapel gestuur is.
Die ondersoek moes bepaal of Maharero deur Sackeus aangerand is, of Maharero voor onderwysers en leerlinge in oneer gebring is en ook of Sackeus klagte van verkragting teen hom versin het.
Die bevindinge van die voorlopige ondersoek was dat Sackeus wel vir Maharero aangerand het, maar dat Sackeus glo skuld erken het en Maharero ook 'n verskoning aangebied het.
Hoewel Sackeus glo wel vir Maharero voor leerlinge en onderwysers in oneer gebring het, is dit volgens die ondersoek glo nie genoegsame bewys dat hy Maharero by die skool wou weghê nie.
Ook kon daar geen bewyse gevind word dat Sackeus klagte van verkragting teen Maharero versin het nie.
Die ondersoek het bevind stappe moet gedoen word om Maharero medies ongeskik te verklaar.
Maharero eis N$75 000 se skadevergoeding van die ministerie en van Sackeus vir onder meer emosionele skok en trauma, mediese onkoste en uitgawes, sowel as toekomstige mediese uitgawes.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie