Onderwys - Sterkte met die eksamen

17 November 2021 | Rubrieke
Godfrey Kleinhans – Die wêreld nader nou vinnig die einde van twee jaar vol uitdagings was.

Klimaatsverandering is ‘n groot uitdaging te wees, maar dit wil voorkom asof COP26 nie juis ‘n dawerende sukses was nie.

Die krisis in Belarus het baie inwoners van hierdie land op die grens met Pole laat beland; daar sit hulle nou. Dit lyk nie of die probleem spoedig opgelos gaan word nie en die winter is op hande. Het die betrokke partye nie die vindingrykheid om die probleem op te los nie of ontbreek die politieke wil eenvoudig?

En die duiwel is altyd op loer om verhoudinge binne en tussen groot lande te versuur. In Amerika was daar die presidentsverkiesing, onluste onder regsgesindes en slagtings soos die in Kenosha, Wisconsin.

Die bestuur van Eskom in ons buurland lyk nie of hulle die elektrisiteitsprobleme daar kan oplos nie en die ligte is deesdae meer af as aan. Nee wat, dit lyk nie of ons wêreldleiers oplossings vir al die probleme het nie.

Verder het my span, die All Blacks, verloor teen die Springbokke en Ierland; dis om van te ween.

Maar, Covid-19 is ook nog nie uitgekuier nie. Die pandemie het reeds ‘n hewige impak op ons aardse bestaan gehad; op ons gesinslewe, vriendskapsbande, godsdiens, huishoudelike inkomste en ons gesondheid. Sommige gesinne het meer as een lid verloor en in gevalle is ‘n ma, pa of albei ouers aan die dood afgstaan. Baie besighede moes hul deure sluit of werknemers verminder. Week na week moes families voor oop grafte staan; dit was moeilik.

En daar is tekens dat infeksies en die dodetal elders weer begin opvlam.

Onderwys, net soos die gesondheidsektor, is hard getref. Die skole moes noodwendig sluit of ingekorte werkskedules volg. Baie leer- en onderrigtyd het verlore gegaan en baie kinders het nie na die skool teruggekeer nie. Gewysigde jaarplanne is in werking gestel maar die laaste woord is nog nie gespreek nie.

Tog weet ons nog nie wat die werklike impak van Covid-19 gaan wees nie. Ons het navorsing, navorsing en nogmaals navorsing nodig wat die antwoorde sal kan verskaf. Navorsing kan ons ook help om te weet wat om van die toekoms te verwag.

Ons sal eenvoudig nie kinders kan bevorder na die volgende grade op grond van ‘n Covid-verskoning of -vermoedens nie. Groot gapings in vaardigheidsontwikkeling mag nie toegelaat word nie. Baie kinders sal uit so 'n toekomsbus val.

Maar, die skole is besig met eksamens en die verwagting is dat kinders meer as ooit met hul neuse in die boeke sal wees. Mens hoop en vertrou dat die verlies aan onderrigtyd leerlinge sal laat besef dat tyd nou meer kosbaar is as ooit tevore. Elke oomblik is kosbaar en elke minuut is nodig vir voorbereiding.

In Suid-Afrika kla leerlinge dat beurtkrag hul voorbereiding in die wiele ry. Ouers en kinders moet egter nie nou al na verskonings gryp nie. Baie mense wat uiters suksesvol in die openbare lewe was en is het matriek deurgekom met kerslig, parafienlampies en selfs vetlampies. Ek weet, ek was ook daar.

Ek ken ‘n inspekteur van onderwys wat onder die straatlig voor hulle huis vir die matriekeksamen geleer het.

Dis ook nie nou die tyd vir selfbejammering nie.

So gaan ons die herdenking van die geboorte van die Seun van die Mens tegemoet; vol afwagting en verwagting. Sommige kinders wonder oor die geskenke en nuwe klere wat hulle gaan kry. Ander hoop en bid hulle sal slaag terwyl ander droom van onderskeidings sodat hulle hul drome kan najaag.

Onthou, die hoop beskaam nooit. Baie sterkte!

- [email protected]

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...