Onderwys - Selfone: hulp of steurnis?
Onderwys - Selfone: hulp of steurnis?

Onderwys - Selfone: hulp of steurnis?

Dani Booysen
Toenemende geweld teen babas, skoolkinders en die jeug besorg gemeenskappe en die owerhede met reusehoofpyne.

Die dagblaaie rapporteer gereeld dat babas op vullishope gevind word, dat jong kinders verkrag of ontvoer word en van aanvalle op skoolpersele. Werkende jongmense en universiteitstudente word wreed aangerand en/of vermoor of verdwyn eenvoudig. Dit is ook scenarios wat gereeld in Suid-Afrika afspeel.

Naas hierdie bevestiging dat daar baie bose mense in ons gemeen­skappe is, is dit onstellend vir wetsgehoorsame mense, veral vir ouers van die kinders. Ek het êrens gelees dat gemeenskapleiers in ons buurland die polisie daarvan beskuldig dat hulle nie opgewasse teen die booswigte is nie. As 'n mens kyk na die frekwensie waarteen hierdie misdade plaasvind, blyk so 'n beskuldiging nie vergesog te wees nie.

Die nuutste geval van geweld op 'n skoolperseel het hom nou onlangs in ons land afgespeel.

Die uitvoerende direkteur van onderwys is met goeie rede ontsteld dat 'n leerling na bewering 'n onderwyser met 'n mes gesteek het.

Ek het baie begrip vir haar onsteltenis aangesien so 'n handeling nie met die skool geassosieer word nie. Die aanval op die onderwyser het nie net die orde by die betrokke skool versteur nie, maar kan ook as 'n aanval op die integriteit van die onderrig- en leerprosesse gesien word.

Baie leerlinge in ons buurland het al insidente van boeliery, aanvalle op leerlinge deur onderwysers asook aanvalle op onderwysers deur leerlinge met hul selfone opgeneem. Die videogrepe is op sosiale media geplaas, en soos die hedendaagse uitdrukking lui: ”it went viral”.

Ek is oortuig dit kan ander leerlinge aanmoedig om die probleme wat hulle met die skool mag hê op soortgelyke wyses aan te spreek.

Mag leerlinge hul selfone by hulle hou en dit tydens skooltyd in en buite klaskamers gebruik? Dit is vir my duidelik dat daar nie eensgesindheid is in onderwyskringe oor hierdie vraag nie.

Die protagoniste argumenteer selfone kan leerlinge van groot hulp wees. 'n Namibiese adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie was destyds van mening onderwysontwikkeling moet altyd in tandem met vernuwende tegnologie beweeg. Hy het aangevoer onderwys sal definitief die ontwikkelingstryd verloor as dit nie gebeur nie.

'n Ander groep is weer van mening dat selfone onder geen omstandighede toegelaat moet word nie omdat dit 'n negatiewe invloed op klaskamerpraktyke sal hê. Een skoolhoof het opgemerk selfone sal onnodig wees aangesien die ministerie van onderwys besluit het om skole van internet te voorsien.

Onaangename voorvalle oor selfone het al kop uitgesteek in Namibië. Jare gelede is 'n skoolhoof van diefstal beskuldig nadat hy 'n leerling se selfoon vir die duur van die skooldag gekonfiskeer het.

Skoolreëls wat selfone verbied en die afneem van sulke kommunikasie-instrumente aanbeveel, is al as ondemokraties en drakonies bestempel.

'n Antwoord op die vraag blyk nie so einfag te wees nie.

Ek is van mening die antwoord is te vinde in die effektiwiteitsvlak van skoolbestuur.

Die vraag moet dus wees of ons skole se bestuurstyle opgewasse is om selfone in die klaskamers en op skoolpersele toe te laat.

'n Gepaargaande vraag is of onderwysers die tersaaklike reëls sonder vrees en vooroordeel sal toepas.

Die kwaliteit van onderwys wat by staatskole voorsien word, laat my twyfel.

Selfoontegnologie kan slegs as 'n aanvullende hulpmiddel in die klaskamer gebruik word. Dit is geen waarborg dat dit die kwaliteit van onderwys enigsins positief sal beïnvloed nie.

Tydens besoeke aan skole het ek opgemerk onderwysers gebruik selfone vrylik. As selfone vir leerlinge verbied word , wat dan van die onderwysers?

Kom ons praat saam hieroor.

Dankie ook vir die positiewe kommentaar in die SMS-kolom op verlede week se skrywe oor die mite van gratis onderwys.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026