Onderwys - Politiek en verandering

09 October 2019 | Rubrieke
Godfrey Kleinhans - Die wetenskaplike Darwin het in 1859 daarop gewys dat spesies wat verandering teenstaan nie veel van ‘n kans op oorlewing het nie.

Die feit het weinig met grootte of sterkte te make, maar wel met aanpassing.

HG Wells se uitdrukking "adapt or perish" is alom bekend. Dit was PW Botha, voormalige Suid-Afrikaanse staatspresident, wat die destydse Nasionale Party se volgelinge in Upington met sy “adapt or die”-toespraak tot verandering probeer aanspoor het.

Een groot probleem met verandering is die toekomsonsekerhede wat dit meebring. Ons skram baie maklik daarvan weg.

Daar steek egter groot waarheid in die woorde van Martin Luther King Jnr: “Faith is taking the first step even when you can't see the whole staircase.”

Net so belangrik dit is dat volgelinge binne ‘n organisasie inkoop by verandering, net so belangrik is dat beoogde veranderinge aan hulle "verkoop" word. Hulle moet vertroud wees met die roete asook ‘n visie van die eindpunt hê.

Na 1989 was die Namibiese owerhede gekonfronteer met geweldige uitdagings, veral op die gebied van onderwys. Die land het ‘n onderwysstelsel geërf wat aan die een kant voortreflik was en met die beste in die wêreld vergelyk kon word, maar andersins gekenmerk is deur beperkte toegang, lae kwaliteit en reuse-ongelykhede.

‘n Groot gros van die onderwysers wat in hierdie "mank" deel van die stelsel hul daaglikse brood moes verdien, was onder- of ongekwaliseerd. Klasgroottes van tot 50 leerlinge was niks vreemds nie. Moedertaalonderrig was geweldig afgeskeep en die tekorte aan fisiese fasiliteite het gesorg vir groot hoofpyne.

Reusewysigings aan die onderwysstelsel en baie geld was nodig om die hierdie skip deur die ontstuimige waters van die post-koloniale periode te stuur.

Namibië het haarself in ‘n veranderende wêreld bevind en volstruispolitiek sou fataal wees. Verder het die land ‘n medeondertekenaar geword van ‘n hele paar internasionale ooreenkomste wat die verbetering van onderwys ten doel stel.

Baie Afrika-lande het sedert bevryding van die koloniale juk nodig gehad om indringende wysigings aan hul onderwysstelsels aan te bring. Beleidmakers fokus gewoonlik op die uitbreiding van die stelsel met die hoop dat die behoeftes aan toegang en ‘n verbeterde kwaliteit van onderwys hierby sal baat. Verder bring hulle wysigings aan die sekondêre skoolopset aan om meer studente op universiteit te kry.

Baie navorsers het die afgelope jare baie tyd en geld bestee aan die vraag waarom sommige beleidsveranderinge nie altyd die gewensde vrugte afwerp nie. Baie keer is dit weens ‘n oorhaastige implementering van internasionale ooreenkomste sonder inagneming van eie nasionale omstandighede.

Die redes vir verandering is nie altyd duidelik nie en die lede van 'n organisasie verstaan nie altyd waaroor dit gaan nie; hulle is nie vertroud met die inhoud, rigting en eindpunt van die verandering nie.

Verder moet mens versigtig wees met veranderinge op nasionale skaal. ‘n Oudkollega, Onnessimus Hailombe, wys in sy doktorale proefskrif daarop dat beleidsveranderinge vir die stedelike gemeenskap van die Khomasstreek nie noodwendig vir die pastorale en nomadiese mense van Kunene sal werk nie.

Jonathan Jansen sê beleidsveranderinge is baie keer niks meer as politieke simbolisme nie. Politici is gedurig op soek na legitimiteit en selfregverdiging terwyl dit sommige administrateurs se strewe is om hul meesters tevrede te hou. Wanneer die beoogde verandering dan nie realiseer nie, word gebreke aan bronne beskuldig of dit ontaard in ewige rusies met die vorige bedeling. So kom beleidsintensie en beleidspraktyk nooit by mekaar uit nie en alles ontaard in ‘n futiele oefening.

Ingrypende veranderinge is onlangs aan sekondêre onderwys aangebring. Ek hoop om na gesprekke met ‘n paar skoolhoofde en senior administrateurs ‘n paar eiertjies hieroor te lê . . .

Soortgelyk

 

Varser brood is daar nie

4 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause – Elke dag om 09:00 klim Dawid Rooi op sy rooi fiets en laai varsgebakte brood op Gibeon af. Die wit- en bruinbrode...

Tropiese stelsel bring vog vir Noordooste

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - ’n Tropiese vogstelsel kan vir bykans die res van die week reën na die noordooste van die land bring. Dit sal egter...

Verkragting: 651 mans agter tralies

4 ure gelede | Misdaad

Jana-Mari Smith – Terwyl ’n epidemie van geweld teen vroue en kinders in Namibië woed, is 651 mans en twee vroue in die tronk vir...

One jump at a time

4 ure gelede | Mense

Elizabeth JosephEmmanuel Anana Samuntu is a 19-year-old high jumper with a personal best of 2.12m.He also has a long jump personal best of 7.27m. He...

Weer, Dinsdag 12 November 2019

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met ‘n paar donderbuie in die noordooste. Geïsoleerde donderbuie word in die Zambezistreek verwag. In die...

Bek-en-klouseer: Verbod op SA-invoere geld steeds

4 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) sê die verbod op invoere van vleis en vleisprodukte van Suid-Afrika af staan steeds, soos ingestel tydens...

Stukkie paradys padlangs

4 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Langs die B1-hoofweg by Mariental lê ’n stukkie paradys. Die Padlangs-padstal, wat in November verlede jaar sy deure oopgemaak het, is nie...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

4 ure gelede | Politiek

Esther Utjiua MuinjangueNational Unity Democratic Organisation (Nudo)Esther Utjiua Muinjangwe, die leier van Nudo, is die eerste vroulike leier van ‘n politieke party in Namibië en...

Laat jou partytjie in my hande

4 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Lüderitz spog nou met sy eie geleentheidsontwerper.Nicole Ferreira beplan sedert 2012 verskeie partytjies op die dorp. Vanjaar het sy besluit om haar...