Onderwys: Namibiërs moet omvattende seksonderrig verwelkom

16 May 2019 | Onderwys
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het Namibiërs aangemoedig om die instelling van die hersiende leerplan vir Omvattende Seksonderrig (CSE) te verwelkom. Die CSE-kursus is deel van die lewensvaardighede-vak en het ten doel om leerlinge in graad 4 tot 12 toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes om gepaste en gesonde keuses te maak.
Die ministerie se adjunk-direkteur vir die bestuur van MIV/vigs, mnr. Julius Nghifikwa sê die instelling van die kursus sedert 2013 het gemengde reaksie onder sommige godsdienstige leiers, ouers en onderwysers ontlok. Volgens hulle sal die grafiese inhoud waaraan leerlinge blootgestel word, leerlinge aanmoedig om seksuele verhoudings aan te knoop.
Nghifikwa het egter beklemtoon die inhoud van die kursus is volgens volgens ouderdom, ontwikkeling en wetenskap gepas.
“Daar is ‘n verskil tussen die onderrig wat ‘n graad 4-leerling en ‘n graad 8-leerlinge sal ontvang,” het hy gesê.
Die CSE-program is hersien as deel van ‘n ontmoeting van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC) in ‘n poging om die MIV-pandemie onder die jeug hok te slaan. Sowat 1,1 miljoen van nuwe infekterings in die streek vind onder jong mense tussen die ouderdomme van 10 tot 24 jaar plaas.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

53 minute gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...