Onderwys - Lyfstraf op skool
Godfrey Kleinhans - Lyfstraf op skool was nog altyd beskou as straf vir die oortreding en verontagsaming van skoolrëels en om moontlike swak gedrag te stuit. Orde in die klaskamer en op die speelgrond was op hierdie wyse gehandhaaf.
Onderwyswetgewing in die voormalige Suidwes-Afrika en sy koloniseerder het dit so gewil. Ná die onafhankwording van Namibië en die demokratisering van die Republiek van Suid-Afrika in 1994, het die situasie rakende lyfstraf en die handhawing van dissipline in skole radikaal verander. Lyfstraf word deur wetgewing verbied.
Naas wetgewing is skole voorsien van alternatiewe metodes vir dissipline asook gedragskodes vir onderwysers sowel as leerlinge om die latswaaiery in die kiem te smoor. Namibië, soos die meeste Afrika-lande, is ‘n ondertekenaar van ‘n reeks konvensies wat menseregte bevorder.
In Namibië was die reikwydte van die verbod nie altyd duidelik nie. Baie staatskole het aanvaar hulle mag leelinge wiks met die uitdruklike toestemming van die ouers. Die onderwyser tree tog vir ‘n groot deel van die dag vir die ouer in.
Sekere privaat skole wat ná onafhankwording gestig is, het verkeerdelik aangeneem die verbod geld slegs vir staatskole. Dit het die regering genoop om die hoogste hof in die land om ‘n opklarende bevel te nader. Die hof by monde van Regters Berker en Mohamed in Ex parte: Attorney General in Re: Corporal Punishment by organs of State SA14/90 (1991) NASC2 verklaar dat lyfstraf indruis teen ‘n leerling se konstitusionele reg op menswaardigheid ("human dignity"). ‘n Leemte in die uitspraak was myns insiens dat die hof nie uitdruklik na lyfstraf in privaat skole verwys het nie.
Sekere privaat skole was steeds van mening dat die verbod hulle nie raak nie en dat die onderwyser as in locus parentis geregtig is om waar nodig lyfstraf toe te pas. In ‘n meer onlangse saak het die hof bevind lyfstraf is in alle skole taboe; finish en klaar.
Hoewel beweer word dissipline het agteruitgeboer nadat lyfstraf verbied is en dat die frekwensie van gevalle van wangedrag redelik hoog is, word min gevalle gerapporteer. Baie mense, soos in die eerste aflewering genoem, blameer die verbod en die sekulariteit van die Namibiese staat hiervoor. Baie mense agiteer in dagblaaie en op sosiale media vir die terugkeer van godsdiens in die skole en die terugkeer van die lat.
Mens kry na aanleiding van SMS-kolomme in daaglikse koerante en videogrepe op sosiale media die indruk dat lyfstraf nog redelik algemeen voorkom. Dit is ook duidelik dat dit nie beperk is tot die lat nie. Taaiklappe in die gesig en teen die kop blyk taamlik populêr te wees. Leerlinge in Suid-Afrika het al videogrepe gemaak van medeleerlinge wat uiters wreed met ‘n rottang geslaan is en selfs geskop word.
Leerlinge is in baie gevalle nie onskuldig nie, maar wanneer onderwysers gekonfronteer word deur balhorige leerlinge, moet hulle hul laat lei deur hul senioriteit in jare, kundigheid verkry deur studie en hul ervaring in die onderwys.
‘n Ander, leliker verskynsel het te midde van onwettige en onredelike lyfstraf sy kop uit gesteek. Baie onderwysers wat hulle hieraan skuldig maak, word eenvoudig van rassisme beskuldig.
‘n Onlangse videogreep op Facebook wys hoe ‘n onderwyseres ‘n leerling ‘n taaiklap gee tydens ‘n onderonsie. Die leerling het ‘n selfoon in die klaskamer gehad; wat duidelik in daardie skool verbied word. Die onderwyseres staan nou tereg op ‘n klag van aanranding en word ook van rassisme beskuldig. Baie van haar leerlinge het vir haar opgestaan en hou vol sy is nie ‘n rassis is nie dat daar geen elemente van rassisme in die voorval was nie. Dit is verblydend!
Dit is baie duidelik dat baie van hierdie gevalle buite verband geruk word. Wat mens moet onthou, is dat daar ‘n stel regte en verpligtinge is wat die verhouding tussen onderwyser en leerling reël. Die leerling het die grondwetlike reg om onderrig te ontvang en daar rus ‘n verpligting op die onderwyser om sodanige onderrig te verskaf. Die onderwyser is kontraktueel hiertoe verplig.
Die onderwyser het die reg vanweë sy aanstelling en opleiding om onderrig aan die leerling te verskaf terwyl daar ‘n verpligting op die leerling rus om die onderwyser toe te laat om dit te doen. Indien hierdie regte nie in die korrekte verhouding tot mekaar verkeer nie, sal ‘n skeefgetrekte situasie ontstaan wat uiters nadelig is vir leer en onderrig en gevolglik vir klaskamer- en skoolbestuur.
Dit is uiters belangrik dat onderwysers en skoolbestuurders (besluitnemers) deeglik hiervan kennis neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie