Onderwys - Die prys van goeie onderrig

18 September 2019 | Rubrieke
Wanneer mense probeer om die koste van onderwys te verduidelik, doen hulle dit normaalweg binne die konteks van die onderwysbegroting wat jaarliks voor die parlement dien.

Politci en die hogere amptenare sal jou vinnig kan vertel van die groot las wat op die belastingbetaler geplaas word om onderwys te befonds. Hulle is ook terdeë bewus van die geweldige tekortkominge in die begroting.

Die ekonomieë van die ontwikkelende lande in Afrika verkeer tans in 'n uiters netelige situasie en onderwys net soos die ander sektore, kry maar swaar. Wanneer hierdie tendens onbepaald en onbeteueld voortduur, is die gevaar altyd dat die kwaliteit van onderwys agteruit kan boer. Ingrypings wat bekostigbaarheid gaan bevorder sonder om kwaliteit in te boet, is dan dringend nodig.

'n Groot probleem wat altyd kop uitsteek, is die spanning tussen dit wat gedoen moet word (die bereiking van die doelwitte) en die beskikbare fondse.

Die gebrek aan voldoende geld het altyd tot gevolg dat die pogings halfhartig en nie goed deurdink word nie, met die gevolg dat die probleem nooit regtig aangespreek word nie. 'n Ander gevaar is oorhaastige besluitneming wat in die meeste gevalle polities gemotiveerd is.

Na my wete is studies oor die impak van strukturele en ander veranderinge­ aan en in die Namibiese onderwysstelsel maar yl gesaai. Kundiges maan beleidmakers om versigtig met strukturele veranderings in onderwysstelsels om te gaan, veral omdat veranderinge nie noodwendig die verlangde impak tot gevolg mag hê nie.

Die volgende is van die onbedoelde en/of toevallige gevolge wat aangeteken is:

• Afname in toegang tot onderwys

• Toename in ongelykhede

• Kwantitatiewe afname in beskikbaarstelling van leermateriaal of 'n afname in die kwaliteit daarvan

• Afname in die kwaliteit en werk­etiek van onderwysers.

Die koste van onderwys strek verder as die somme wat in die begroting gemaak word. Dit is nie net 'n klomp syfers uitgedruk in dollars en sente wat netjies in verskillende afdelings gerangskik is nie. Die totale koste sluit ook die verskuilde kostes in, soos:

• Impak op laeinkomste huishoudings

• Impak van buitengewone onderwysbegrotings

• Impak van besnoeiings

• Koste van veranderings wat nie in die begroting genoem word nie.

'n Baie interessante onlangse voorbeeld wat opval, is die afskaffing van die skoolontwikkelingsfondse.

Die fondse het geld voorsien vir behoeftes waarin die staat nie voorsien het nie, byvoorbeeld bykomende onderrig- en leermateriaal, die aanstelling en betaling van aflospersoneel, sportbenodigdhede, die vervoer van leerlinge en onderhoud van busse.

In 2012 het wyle dr. Abraham Iyambo skoolfonds by laerskole afgeskaf in navolging van die grondwetlike bepaling oor gratis en verpligte primêre onderwys. Die doel was duidelik nie net om die befondsing van primêre onderwys in lyn met die Grondwet te bring nie, maar ook om toegang tot onderwys te bevorder en oorblywende ongelykhede aan te spreek.

Sy opvolger, me. Katrina Hanse-Himarwa, het die verbod gedurende haar termyn vanaf 2016 na die sekondêre skoolfase uitgebrei. Die motiewe vir haar besluit het gestrook met dié van Iyambo, ten spyte daarvan dat die Grondwet net na primêre onderwys verwys.

Dit wil nou voorkom asof die verlangde doelwitte nie regtig gerealiseer het nie. Heelwat skole, veral dié in stedelike gebiede, verhaal steeds geld van ouers, maar doen dit onder ander fondsname.

Ander skole verwag van ouers om toilet- en fotostaatpapier aan skole te skenk en hul kinders van sekere skryfbehoftes te voorsien. Verder gaan die meer gegoede skole voort met sportprogramme waarvoor ­ouers hande diep in die sak moet steek.

Het die afskaffing van skoolfonds ongelykhede laat toeneem en die gaping tussen die gegoede en minder gegoede skole vergroot?

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

1 dag gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

1 dag gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

1 dag gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

1 dag gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...