Ondersoek oor omgewing ‘onwettig’

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ’n ondersoek deur twee omgewingsjoernaliste as oneties afgemaak.
Henriette Lamprecht
Ellanie Smit

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het ’n ondersoek deur twee omgewingsjoernaliste na Namibië se beleidsrigtings en programme vir wildlewebestuur as onwettig en oneties beskryf.

Die ministerie het alle aantygings wat dr. Adam Cruise en Izzy Sasada in die verslag maak, verwerp. Die verslag is gepubliseer ná ’n twee maande lange ter plaatse ondersoek en besoeke aan 29 omgewingsbewaringsgebiede oraloor in Namibië.

Die verslag, Investigation in Namibia’s conservation model, beweer die sukses van bewaring in die land en die ekonomiese voordele vir arm gemeenskappe is grootliks ’n hersenskim.

Die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het nie werkspermitte aan die twee navorsers uitgereik nie en die kommissie vir navorsing het ook nie ’n navorsingspermit goedgekeur nie.

Volgens hom word daar steeds bepaal of die twee die land as toeriste binnegekom het. Muyunda sê die mense wat in die verslag aangehaal word, het ook nie hul toestemming hiervoor gegee nie.

“Dit is onwettig uitgevoer. Dis onetiese navorsing wat uitgevoer is en onderhoude was bevoordeeld teen die volhoubare gebruik van jag,” het hy gesê. Die verslag sluit ook nie die steekproefgrootte van die mense in met wie onderhoude gevoer is nie. Slegs sekere groepe is ook vir die navorsing gekies.

“Die navorsing is bevooroordeeld om hul eie agenda te dryf.”

Volgens die verslag het die veldondersoek en ontleding bevind die “vermeende sukses van wildbewaring en gepaardgaande ekonomiese voordele vir voorheen benadeelde landelike gemeenskappe in Namibië is grootliks ’n wanvoorstelling”.

Dit sê in baie gebiede, veral in die Kunene wat deur gemeenskapsgebaseerde bestuur van natuurlike hulpbronne (CBNRM) oorheers word, is getalle van baie wildlewebevolkings besig om af te neem.

In ander gebiede in die noordelike streek is olifantbevolkings en hul beweging negatief deur trofeejag, jag vir eie gebruik, stropery en handel geraak.

“Deur die hele noordelike streek en in veral binne die 29 CBNRM-bewaringsgebiede wat tydens die ondersoek besoek is, is die gemeenskappe tot dieselfde mate en in sommige gevalle meer verarm as tydens die Suid-Afrikaanse apartheidsjare voor onafhanklikwording,” sê die verslag.

Volgens die ondersoek vind die uitbuiting van landelike gemeenskappe en inheemse inwoners en die verwydering van natuurlike hulpbronne plaas in die vorm van grondindringing en -onteiening, oorbenutting van wild, mynbou, olieboorwerk, houtkappery en ander toe-eiening van natuurlike hulpbronne.

“Dus, ver van 'n suksesverhaal, het Namibië se gewilde natuurlewebewaringsmodel en sy nakoming van volhoubare benutting van wild deur gemeenskapsgebaseerde bestuur in werklikheid die teenoorgestelde bereik van wat algemeen aangebied word. Algehele wildgetalle is besig om af te neem en olifantbevolkings in die Kunene is besig om ineen te stort. Dit terwyl landelike gemeenskappe binne die CBNRM’s so arm soos altyd is en in baie gevalle selfs meer.”

Muyunda beklemtoon egter Namibië se bewaringsmodel is betroubaar en beweringe dat gemeenskappe nie uit die program voordeel getrek het nie, is sonder enige basis.

“Hulle het nie eers gekyk na die voordeel wat uit die program getrek is nie, maar het ’n paar mense gekies om hul agenda te ondersteun,” het hy gesê.

Volgens hom het die bewaringsprogram die lewens van mense in landelike gebiede deur onder meer infrastruktuur, onderwys en voedingsbehoeftes verbeter.

“Hulle het dit egter nie beklemtoon nie. Ons ontken nie daar is steeds armoede nie, maar die program het armoedevlakke verminder. Daar is nog ’n lang pad om te gaan, maar ons moet ook onthou dit is nie net die plig van die bewaringsprogram nie, maar ’n multi-sektorale benadering.”

Muyunda sê daar moet ook onthou word toerisme is deur die Covid-19-pandemie beïnvloed en bewaringsgebiede is swaar getref. Bewaringsgebiede in gemeenskappe het 4 203 werksgeleenthede in 2019 geskep. In dieselfde jaar het bewaringsgebiede en vennote in die private sektor N$155,6 miljoen in winste en voordele gegenereer.

Met verwysing na die vlakke van wildlewe wat afneem en in veral dié van olifante, sê Muyunda wildlewe in die Kunene is deur die droogte in die streek geraak. Elders floreer getalle egter.

Volgens hom is die navorsingsmetode op die grond om olifantgetalle te bepaal, nie sistematies nie. “Sou hulle lugopnames ook gebruik, sou hul navorsing meer akkuraat gewees het.”

Namibië het sowat 24 000 olifante met ’n bevolkingsgroei van 5,3%. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.21/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.29% | Platinum US$ 911.47/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.21/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.29% | Platinum US$ 911.47/OZ DOWN -0.0048