Ondersoek na burgerlugvaartowerheid gelas

Beswaardes hou vandag optog

22 July 2020 | Vervoer
Ogone Tlhage – Die storm wat ná die skorsing van 'n assistent-regsbeampte van die Namibië Burgerlugvaart­owerheid (NCAA) rondom dié regulerende liggaam losgebars het, word vandag met 'n optog in die hoofstad verder gevoer.

Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het Maandagmiddag op 'n nuuskonferensie oor dié kwessie gevra 'n onafhanklike ondersoek moet na die sake van die NCAA gedoen word.

Die storm volg nadat me. Natalia Isak ná haar skorsing die NCAA daarvan beskuldig het dat hy nie Namibiërs in diens wil neem nie, teen werknemers op grond van hul ras en geslag diskrimineer, die waardigheid van werknemers aantas en hulle viktimiseer. Verder word aangevoer 'n persoon by dié owerheid oefen “beduidende beheer” uit.

Mutorwa vra in 'n brief aan die voorsitter van die direksie, mnr. Kosmas Egumbo, dat die kwessies wat deur Isak geopper word, bestudeer en deur 'n onafhanklike komitee van buite die NCAA ondersoek word.

“Ek raai die NCAA se direksie aan om 'n onafhanklike komitee of paneel of mense aan te stel om as 'n saak van dringendheid die ernstige beweringe in me. Isak se brief te ondersoek, sowel as die vorige klagtes wat geopper is,” sê Mutorwa in sy brief.

Hy wys ook daarop dat die voor­skrifte wat hy op 28 Mei aan die NCAA gegee het, nie gevolg is nie. Dit het gespruit uit kwessies wat in 'n sterk bewoorde brief van Isak aan die NCAA aangeroer is.

“My eerlike en ook onaangename waarneming en gevolgtrekking is dat die direksie, om redes onbekend aan my, nie my advies, voorskrifte en instruksies ernstig opgeneem het nie. Hulle kon dit ook nie oortuigend aan my verduidelik nie,” skryf Mutorwa verder.

Een van die voorskrifte was dat mnr. Reinhard Gärtner se kontrak as tussentydse uitvoerende direkteur verleng word. Hy het me. Angelina Simana opgevolg.

Die minister bevraagteken ook die aanstelling van buitelanders sonder wettige werkspermitte en wys op menslike hulpbron-aangeleenthede soos die vul van vakante poste, vergoedingspraktyke, aanstellings, salarisgradering en bevorderings by die NCAA.

Die NCAA se uitvoerende hoof van regsake, mnr. Gordon Elliot, het daarop gewys dat hy Isak voor die grendeltyd geprys het en het Maandag gesê haar werk en prestasie is nie ter sprake nie.

“Haar optrede ná Covid-19 [einde van die grendeltyd] . . . ek soek ook vir 'n antwoord. Ons was in gesprek met haar oor haar gemelde griewe wat nooit ingedien is nie. Die kwessies wat sy aanroer, is onverwant aan haar werk,” het Gordon gesê.

Volgens hom gee die direksie hieraan aandag en geniet dit voorrang.

Gärtner het op die nuuskonferensie uitgewys dat sy kontrak wettig is. Hy het ook gesê hy het 'n meestersgraad in sake-administrasie (MBA), 'n kommersiële vlieglisensie asook 'n instrukteurslisensie en dat dit hom toerus om 'n geskikte hoof van die burgerlugvaartowerheid te wees.

Isak se skorsing is steeds van krag.

- [email protected]

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

17 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

17 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

17 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

17 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

17 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

17 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...