Ondersoek ná ‘mishandeling’ van pasiënt
Ondersoek ná ‘mishandeling’ van pasiënt
Uitvoerende direkteur reik uit na familie
06 April 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ’n ondersoek gelas ná die beweerde mishandeling van ’n pasiënt in die staatshospitaal op Oshakati.
In ’n video wat wyd in die sosiale media gesirkuleer is, kan gesien word hoe die pasiënt deur verpleegsters in die hospitaal mishandel word.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het die voorval as “gruwelike mishandeling en aanranding” en ’n strafregterlike oortreding beskryf wat die betrokkenheid van die Namibiese polisie vereis.
Die voorval het op die aand van 28 Maart plaasgevind.
“Ons veroordeel in die sterkste terme hierdie hartelose en gevoellose optrede teen ’n bejaarde pasiënt wat vir sorg in ons hande geplaas is,” het Nangombe gesê.
Volgens hom het die ministerie met die gepaste stappe begin soos waarvoor daar in die staatsdienswet voorsiening gemaak word. Nangombe sê ’n ondersoek is van stapel gestuur om alle relevante feite vir gepaste optrede vas te stel. Die ministerie het die Staatsdienskommissie oor die voorval ingelig, terwyl dit ook by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) aangemeld is.
“Ek het uitgereik na die familie van die pasiënt om hulle te verseker en in te lig oor die stappe wat gedoen gaan word en om ons opregte verskoning vir die onmenslike behandeling van hul familielid aan te bied,” het Nangombe gesê.
Die personeel wat by die voorval betrokke was, is intussen van alle direkte pasiëntesorg onttrek.
Nangombe het namens die ministerie ’n oproep gedoen aan enige persoon wat meer inligting oor die “ongelukkige voorval” het, om na vore te kom. Hy het beklemtoon die inligting sal met die nodige vertroulikheid hanteer word.
“Die ministerie bly daartoe verbind om openbare gesondheidsdienste van gehalte en met deernis te verskaf en om al ons kliënte en pasiënte met integriteit en empatie te behandel.”
Persone met inligting kan me. Francina Tjituka by 081 240 6228 kontak of ’n e-pos aan [email protected] stuur. – [email protected]

Soortgelyk
Heckmair-verhoor verder vertraag
43 minute gelede | Misdaad
Skoolseun in selle oor video van geweld
1 uur gelede | Misdaad
Jong dokter verskyn vir verkragting
4 ure gelede | Misdaad
Leerlingdokter verkrag glo pasiënt
15 ure gelede | Misdaad
Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof
15 ure gelede | Misdaad
O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...
15 ure gelede | Mense
Covid-19 teister skole in Hardap
15 ure gelede | Ministeries
Weer vir Woensdag 14 April
15 ure gelede | Weer
Bure help hul buurte skoonhou
15 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies