Ondanks uitdagings en beproewinge oorleef die kerk

Windhoek is die gasheer vir 'n geskiedkundige Lutherse byeenkoms wat saamval met die 500 jaar- herdenking van die hervorming.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die twaalfde algemene vergadering van die Lutherse Wêreldfederasie (LWF) het Woensdag in Windhoek begin en duur tot 16 Mei.

Vanjaar se byeenkoms word onder die tema “Bevry deur God se genade” aangebied.

Nagenoeg 800 afgevaardigdes, insluitende byna 400 verteenwoordigers van die 145 LWF-ledekerke in 98 lande wêreldwyd woon die algemene vergadering by.

Die algemene vergadering is die hoogste besluitnemingsliggaam van die LWF en vergader elke ses tot sewe jaar.

Die algemene vergadering gee leiding vir die werk van die LWF vir die volgende jare en speek homself uit oor kwessies wat die lewe en getuienis van die kerke en die wêreld raak. Tydens die byeenkoms sal die LWF president en raad verkies word wat tot die volgende sitting sal dien.

Die 500ste herdenking van die hervorming sal ook tydens die byeenkoms gevier word.

Die Evangelies Lutherse Kerk in Namibië (ELCIN), die Evangelies Lutherse Kerk in die Republiek van Namibië (ELCRN) en die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië is die gashere vir die byeenkoms. Saam bring hierdie kerke 1,2 miljoen mense byeen. Die kerke vat ook hande onder die banier van die verenigde raad van kerke van Namibiese Evangeliese Lutherse Kerke.

Met die amptelike opening gisteroggend is afgevaardigdes daaraan herinner dat die oorlewing van die kerk, deur vele beproewinge, die vervulling van God se belofte is.

“God se beloftes raak die lewe en alledaagse bestaan, ons daaglikse brood en alles wat ons doen. God se beloftes maak ons oop vir die waarheid dat alles sin maak, al ons dade en selfs gedagtes en gevoelens ‘n betekenis het en die uiteindelike doelwit dat met al ons gedagtes en dade ons gered kan word,” het eerwaarde doktor Elena Bondarenko van die Evangelies Lutherse Kerk in die ooste van Rusland in haar openingsdiens by die vergadering se eucharistiese aanbidding gesê.

Bondarenko se skriflesing was uit Jesaja 61: 1 – 4. Sy het lede van die kerklike gemeente oor die hele wêreld heen aangeraai om in God te vertrou.

“God se beloftes word waar. Vir 2 000 jaar predik die Christelike kerk, verkondig die evangelie en bedien die heilige sakramente. Die kerk seëvier omdat Jesus dit belowe het,” het sy gesê.

God se gawes nie te koop

Bondarenko se verwysings na die tema “Bevry deur God se genade” en die feit dat redding, mense en die skepping “nie te koop is nie” het die toon aangegee vir Sondag 14 Mei se globale geleentheid om die hervorming 500 jaar gelede te gedenk wat by die Sam Nujoma stadion aangebied word.

Bondarenko, wat nou betrokke was in versoeningswerk met gemeentes in die Oekraïne midde die Krim-krisis, het daarop gewys dat die 500ste herdenking saamval met die 100ste herdenking van twee Russiese rewolusies wat die vervolging van Christene in Rusland meegebring het.

Sy het die gemeente gevra om hulle voor te stel hoe dit moes wees om vir byna 90 jaar in Rusland onder amptelike ateïsme te leef “sonder ons geloof in God en sonder die mooi Heilige Geskrifte en kerkliturgie of God se leiding en ondersteuning in die chaotiese tye”.

Sy sê God se beloftes is gestand gedoen “toe alles gedoen is om die kerk stil te maak en te laat doodgaan, was dit ‘n ware wonderwerk dat die kerk oorleef het”.

Haar boodskap aan Christene vandag wat nuwe uitdagings in die gesig staar en worstel met vrae waarvoor hulle nie antwoorde kan vind nie, is: “Kom ons bely ons onkunde in eerlikheid en vertrou op God ons skepper. Wat binne ons vermoë is, is om eerlik te wees en in eerlikheid God se genade te verkondig en te predik dat die skepping en redding nie te koop is nie. Dit was die grondslag van die hervorming 500 jaar gelede en dit is die beginsel wat ons op moderne maniere deesdae hernu,” het sy bygevoeg.

‘n Massakoor en musikante van plaaslike kerke het het tydens gesange saamgesing.

In die tent van aanbidding, wat die versamelplek vir die meeste eredienste en gebede sal wees vir die duur van die byeenkoms, is ‘n altaartafel, ‘n doopvont en preekstoel wat gemaak is van hout uit gevalle bome wat in Namibië versamel is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25%