Ondangwa: Vloede weens swak beplanning

Dorpsraad gryp in

22 January 2020 | Plaaslik
Ileni Nandjato



Die Laerskool Shinime Shiimvula op Ondangwa en nabygeleë huise op dié dorp het weens swak stadsbeplanning oorstroom.

Die skool is naby 'n waterpoel geleë en weens 'n swak beplande behuisings-ontwikkeling kan ­vloedwater nêrens heen vloei nie, en dam dit tussen die huise en nabygeleë skool op.

Die munisipaliteit wend tans 'n poging aan om water van die waterpoel af na die naaste waterkanaal uit te pomp.

Volgens 'n inwoner het die poel altyd in 'n stroompie uitgeloop, maar het die dorpsraad die bou van huise in daardie area begin toelaat.

“Die skool en van ons huise is naby 'n poel waarin water van hoërliggende grond af opdam. Wanneer die poel vol raak, vloei die water gewoonlik na 'n hoof- waterstroom wat die water wegvoer. Ongelukkig het die dorpsraad plotte aan mense toegeken om in die waterkanaal te bou, wat water altyd na die hoofstroom gelei het.

Nou, ná goeie reën, staan die water en oorstroom ons huise en die skool,” sê die inwoner.

“Al wat die dorpsraad kan doen, is om die twee huise in dié gebied te sloop sodat die water weer vrylik kan vloei. Dit lyk na 'n reënerige jaar en ons weet nie wat om nog te verwag nie.”

Me. Petrina Shitalangaho, woordvoerder vir die Ondangwa-munisipaliteit, sê amptenare het die skool en omliggende omgewing besoek en dié owerheid pomp tans water uit terwyl hulle maniere probeer vind om stormwaterdreine aan te bring.

“Die raad het stormwaterkanale in die area gebou. Ons ondersoek nou net maniere om 'n stormwaterkanaal te bou wat met ander in die gebied verbind sodat water weggelei kan word. Intussen pomp die raad water met 'n masjien uit en dit help. Die water­vlak het gesak,” sê Shitalangaho.

Die laerskool se hoof, mnr. Oscar Kashululu, het die raad vir hul vinnige reaksie geloof.

“Toe die skool oopmaak, was een deel oorstroom en leerlinge het geen toegang tot die toilette gehad nie. Ons het dit by die dorpsraad aangemeld en hulle het vinnig gereageer en die water het begin verminder. Daar is beplan om 'n skoolsaal te bou waar dit ­oorstroom het. Nou weet ons nie wat die ingenieurs sal sê nie – óf ons hersien die plan heeltemal, óf ons gaan voort met ander middele. Ons wag net vir hulle,” sê Kashululu.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

10 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

10 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

10 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

10 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

10 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

10 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...

Grondonmin smeul op Tsumeb

10 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die man wat hom midde-in ’n gronddebakel op Tsumeb in die Oshikotostreek bevind, mnr. Christo Groenewald, sê hy is moedeloos.As die regering...