Onafhanklikheid teen die mure
“Ons kantore by die Namibiese Kunsvereniging is vol kunswerke vir die uitstalling, en die publiek se reaksie was wonderlik. Die kunstenaars is hard aan die werk aan hul kunswerke,” het Actofel Illovu, kurator van die Namibiese
Kunsvereniging (NAA) se komende uitstalling, How Independence Came to You, gesê.
Vir die uitstalling is lede van die publiek gevra om items bymekaar te maak wat die bevrydingstryd of Onafhanklikheidsdag simboliseer en iets nuuts daaruit te skep.
Wat die uitstalling uniek maak, is die feit dat dit 'n vennootskap tussen die publiek en kunstenaars is.
Sommige kunstenaars het hul eie, oorspronklike werk geskep om hul persoonlike ervaring te verteenwoordig.
Van die items wat lede van die publiek ingesamel het, is hoogtepunte in Namibië se geskiedenis, weens die verhale wat daarmee gepaard gaan.
Die uitstalling behels nie net tasbare items, voorwerpe of simbole nie, maar ook ervarings, emosies en sentimente.
Net soos met Onafhanklikheidsdag word mense van verskillende agtergronde byeengebring – soos dit nog altyd hoort.
“Die NAA se doel met hierdie uitstalling is om lede van die publiek en kunstenaars byeen te bring,” het Actofel gesê.
Kunswerke wat uitgestal word, wissel van tekstielwerke tot foto's, drukwerk en houtwerk.
Die uitstalling kan tot 11 April by die NAA-galery besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie