Omicron laat rooi ligte flikker
Omicron laat rooi ligte flikker

Omicron laat rooi ligte flikker

Rolspelers in die toerismebedryf het internasionale reisbeperkings teen Namibië as ’n doodskoot vir die bedryf beskryf.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht en Ellanie Smit

Die Namibiese regering monitor die situasie rakende die Omicron-variant en sal die nodige stappe doen om die impak daarvan te bestuur.

Dit was gister die boodskap van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, nadat buitelandse deure in en van Europa en Amerika tot die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) die afgelope naweek weens die teenwoordigheid van dié nuwe variant in onder meer Suid-Afrika en Botswana ook vir Namibië toegeklap het.

Namibië is saam met lande soos Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Lesotha, Malawi en Eswatini op die rooilys vir besoekers geplaas. Dit nadat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes die Omicron-variant geïdentifiseer het en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) dit as ’n variant van kommer verklaar het.

Shangula het gister beklemtoon die monitering van die situasie sluit in toetsing vir Omicron. Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om kalm te bly en huidige voorsorgmaatreëls te handhaaf.

“Die voorsorgmaatreëls bly dieselfde, maar dit moet veral op individuele vlak versterk word. Dit sluit inenting in,” het Shangula gesê.

Namibië is reeds sedert die naweek op ’n hoë gereedheidsgrondslag en tot op hede is geen Omicron-geval nog in die land aangemeld nie.

Die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het belowe om inwoners op hoogte van enige nuwe verwikkelinge te hou.

“Die ministerie gaan voort om die situasie te monitor wat insluit om positiewe weefselmonsters aan genoomtoetsing vir moontlike identifikasie van enige variant van kommer te onderwerp,” het hy gesê.

Intussen het rolspelers in die plaaslike toerismebedryf die beperkings op reise deur internasionale lande as “drakonies” en ’n “doodskoot” beskryf.

Volgens die uitvoerende hoof van die gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, is die besluit te vinnig en sonder wetenskaplike bewyse geneem wat bewys dit is dodeliker.

“Ons weet ook nie of die oorsprong in Suid-Afrika is nie. Wat teen ons streek tel, is die lae vlak van inenting, dit is waarop ons op die oomblik moet fokus,” het sy gesê.

Die uitvoerende hoof van die Namibiese toerismeraad, mnr. Digu //Naobeb, sê Namibië was op die punt om tekens van verbetering in die aankoms en besprekings van buitelandse reisigers te sien.

Volgens hom kan beperkings katastrofiese gevolge hê, omdat besighede hoop verloor en uiteindelik hul deure sluit wat weer tot werksverliese lei.

“Dit kan nie beperk word tensy een of ander ekonomiese reddingsooreenkoms aangebied word om die bedryf vir die kort termyn aan die gang te hou nie,” het hy gesê.

//Naobeb het ook gemaan Europese lande moet na elke Suider-Afrikaanse land op ’n “geval tot geval-basis” kyk, met die huidige besluit wat niks anders as “drakonies” is nie.

Angola is die eerste Afrikaland wat sy grense vanaf 1 Desember vir Namibiërs en asook mense uit die ses ander lande sluit. Besoekers uit Brittanje, Duitsland, Amerika en Angola vorm deel van Namibië se toptien-toerismemarkte.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het die situasie as “baie betreurenswaardig” beskryf.

“Dit gebeur in ’n tyd waarin die toerismebedryf net begin het om weer sy houvas ná ’n lang droogte van geen inkomste te kry. Dis ’n terugslag in terme van wat ons tot dusver bereik het. Namibië het die nodige maatreëls in plek om die veiligheid van ons toeriste te verseker. Elke land het egter die soewereine reg om sy eie maatreëls in te stel,” het hy gesê.

Volgens hom gaan die ministerie ook met die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking oor die kwessie vergader.

Mnr. Delphin Ilunga van Furaha Tours and Safaris sê hy het reeds kansellasies vir besprekings tot einde Desember ontvang.

“Ons het reeds kansellasies en lodges en parkfooie is reeds betaal. Ons weet nie hoe gaan die terugbetalings – veral van die toerismesektor – werk nie, omdat hulle gewoonlik nie besprekings terugbetaal of oordra nie.”

Om weer besprekings te doen, sal ook afhang wanneer Namibië weer as “gunstig” vir toeriste verklaar word.

Ilunga sê sekere mense het ook net seker tye van die jaar verlof.

“Wanneer dit verby is, stel hulle dit, óf uit tot volgende jaar, óf kanselleer dit heeltemal.”

Die perssekretaris in die kantoor van die president, dr. Alfredo Hengari, het bevestig president Hage Geingob is in konsultasie met alle lynministeries om ’n oplossing te probeer vind.

In kommentaar op Suid-Afrika se reaksie dat die beperkings ’n “straf” is, het Hengari gesê: “Ons is nie Suid-Afrika nie.”

Een van die eerste slagoffers van die wêreldwye reisbeperkings is die driehoekige internasionale Castle Lite-krieketreeks tussen Namibië, die VAE en Oman wat in Windhoek onderweg was en waarvan ses geskeduleerde wedstryde in die slag gebly het. Gevalle van Omicron is teen druktyd buiten in Botswana en Suid-Afrika ook in Brittanje, Hongkong, Italië, Israel, België, Duitsland, die Tseggiese Republiek en Australië aangemeld.

Prof. Tulio de Oliveira, die direkteur van die sentrum vir epidemiese reaksie en innovering in Suid-Afrika, het gesê dit blyk Omicron versprei vinnig, met die variant wat alle infeksies in die land in minder as twee weke oorheers.

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging en die eerste Suid-Afrikaanse dokter wat owerhede ingelig het oor pasiënte met Omicron, sê die simptome is “ongewoon, maar matig”.

Die simptome van positiewe pasiënte wat sy behandel het, het ingesluit “intense moegheid” en ’n hoë polsslag. Nie een het ’n verlies aan smaak of reuk ervaar nie. Die helfte was nie ingeënt nie.

Dr. Rudo Mathivha, hoof van die intensiewesorgeenheid by ’n Omicron-epiesentrumhospitaal, het beaam sowat 65% is nie ingeënt nie en die res het net een spuit gehad. – [email protected] en [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026