Omgewingsjoernaal van NCE bekend gestel
Omgewingsjoernaal van NCE bekend gestel

Omgewingsjoernaal van NCE bekend gestel

Die joernaal sal een keer per jaar in elektroniese formaat gepubliseer word.
Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), het verlede Donderdag die land se eerste omgewingsjoernaal by die Gondwana-saal op die Windhoek-skouterrein bekend gestel.

“Dit is vir my 'n voorreg om die publiek, media en ander belanghebbendes in te lig dat die eerste uitgawe van die ­Namibian Journal of Environment amptelik aanlyn beskikbaar is. Hierdie droom het al 15 jaar gelede by ons opgeduik en ons kan met trots sê dit is nou 'n werklikheid. Die proses het ongeveer twee jaar geneem om alles bymekaar te sit en ek wil graag al die betrokke partye hartlik bedank vir hul ­entoesiasme en energie met hierdie inisiatief. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Brown gesê.

Die joernaal is 'n gesamentlike projek van die ministerie van die omgewing en toerisme, die Omgewinginligtingsdiens, die Namibiese Kamer van die Omgewing en die Namibië Universiteit van Weten­skap en Tegnologie (Nust).

Die joernaal poog om 'n platform te skep vir wetenskaplikes, beplanners, ontwikkelaars, bestuurders en almal wat betrokke is by die bevordering van Namibië se volhoubare ontwikkeling. Die joer­naal sal slegs een keer per jaar in elektroniese formaat gepubliseer word, hoewel ­artikels deurlopend bygevoeg sal word.

“Ons wil alles in ons vermoë doen om die omgewing te bewaar, en het dus besluit om die joernaal net in 'n elektroniese formaat te publiseer,” het me. Barbara Curtis, redakteur van die joernaal, tydens die bekendstelling gesê.

“Die joernaal bestaan uit twee afdelings wat doelbewus saamgestel is sodat almal 'n gelyke kans op publikasie het.”

Afdeling A is hoofsaaklik vir die gesoute wetenskaplikes en bestaan uit manuskripte wat jare­lange navorsing bevat, onder meer navorsingbevindings, sinteses en resensies, toetsing van hipoteses, asook basiese, toegepaste en teoretiese navorsing.

“Afdeling B is die een waaroor ons baie opgewonde is. Dit beloof om baie jong talent te lok en dan die nodige blootstelling te bied, Dit sluit veldwaarnemings, ­voorlopige resultate, nuwe idees, menings en boekresensies in,” het Curtis gesê.

Die eerste uitgawe van die elektroniese publikasie bestaan uit 13 gespe­sia­liseerde manuskripte en is 122 bladsye lank.

“Teen volgende jaar wil ons die getalle verdubbel. Ons sien baie uit na die potensiaal van hierdie publikasie en al die bydraes wat ons gaan ontvang. In 2018 wil ons 26 manu­skripte en 244 bladsye produseer,” het Brown bygevoeg.

Tydens die bekendstelling het Tony Robertson, 'n bekende wetenskaplike, 'n kort, maar boeiende aanbieding oor sy studie Renostervoëls in Namibië: 'n Oorsig van hul status en verspreiding in 2017 gedoen.

Brown het ten slotte die publiek uitgenooi om so spoedig as moontlik bydraes te begin lewer.

Die joernaal kan by www.nje.org.na bekom word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042