Omgewingsgroep besoek Chinese ambassade
Protesbrief kry positiewe reaksie.
Francoise Steynberg - 'n Sterk-bewoorde brief van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) wat op 21 Desember aan die Chinese ambassadeur oorhandig is, het vrugte afgewerp.
'n Amptelike vergadering het op 4 Januarie plaasgevind.
Die Chinese ambassade het die NCE in Desember genader om 'n ontmoeting nadat die omgewingsgroep namens 40 omgewingsorganisasies 'n brief aan die ambassadeur oorhandig het.
Volgens die uitvoerende hoof van die NCE, dr. Chris Brown, is die vergadering op 4 Januarie deur die Chinese ambassadeur, mnr. Qui Xuejun, sy raadgewer, twee politieke raadgewers en sy eerste en tweede sekretarisse bygewoon. 'n Klein afvaardiging van vyf lede het die NCE verteenwoordig.
“Die kwessie van wild- en omgewingsmisdade in Namibië deur sommige Chinese burgers, wat grootliks verantwoordelik is vir die skep van 'n markaanvraag na wildprodukte, is deur die NCE bespreek,” het Brown in 'n verklaring gesê.
“Die ander kwessie is dat die Chinese ambassade en regering nie genoeg doen om die probleem te takel nie, en dat China se omgewingsvoetspoor in Afrika groot skade aanrig. Die skade spoel van buurlande af ook na Namibië oor,” sê Brown.
Volgens Brown het die Chinese ambassadeur gesê hy en sy ambassade wil proaktief saam met die Namibiese regering en nie-regeringsorganisasies werk om die probleem te takel.
Die NCE verwelkom die ambassade se voorgestelde aksies. “Ons wag nou op hul reaksie. Ons het dit duidelik gemaak dat goeie bedoelings, vergaderings en besprekings nie 'n bewys van vordering is nie. Slegs 'n aansienlike daling in wildmisdade sal wees,” sê Brown.
“Voor Chinese burgers in Namibië aangekom het, was kommersiële wildmisdade uiters ongewoon. Deur hul kriminele gedrag het sommige Chinese burgers die aandag op hulself en hul nasionaliteit gefokus deur die blatante verontagsaming van Namibië se wette,” het die brief gelui.
Namibië se omgewingsgemeenskap het die brief aan die Chinese ambassadeur gestuur om die omvang van die probleem te verduidelik en om hul kommer en woede uit te spreek.
Dit volg nadat verskeie Chinese burgers onlangs in verband met wildmisdade in hegtenis geneem en in howe skuldig bevind is. 'n Chinese burger, mnr. Ye Zhiwei (28), wat glo met 18 renosterhorings deur die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geglip en op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg in hegtenis geneem is, is maar een geval.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie