Omgee nog altyd deel van haar DNS

Eglen Uises gee waardigheid terug aan mense wat nie na hulself kan omsien nie.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Ek het elke dag met my ma gesels wat bedlêend was en haar belowe sy gaan nooit vuil of alleen wees solank as wat ek lewe nie. En ek sal sorg wanneer sy die dag heengaan dat sy met waardigheid sal gaan. Ná haar dood, het ek begin om na ander mense om te sien wat palliatiewe sorg nodig het,” het Eglen Uises, stigter van die Hope Home Based Care Project op Tsumeb gesê.

Eglen is op Tsumeb gebore en in 2006 het sy Windhoek toe getrek vir werk.

“Ek het in 2008 begin om elke Desember huis toe te gaan om 'n Kersete vir sowat 100 bejaardes te reël. Liefdadigheid en omgee vir mense was nog altyd deel van my.”

Sy was die areabestuurder van 'n meubelwinkel en het in hierdie stadium op Otjiwarongo gewoon en moes baie weens haar werk rondreis toe haar ma bedlêend geword het.

“Ek was byvoorbeeld op Rundu en dan het die kinders my gebel en gesê Ouma dit of dat en ek kon niks doen nie, omdat ek baie ver van die huis was. Ek het in 2015 besluit om te bedank en terug Tsumeb toe te trek sodat ek my ma kan versorg.

“Dit was baie moeilik om iemand so te sien wat heeltemal afhanklik van jou hulp en versorging is. Ek het begin dink oor hoeveel mense daar buite is wat dalk in dieselfde situasie is. Bejaardes wie se kinders alkoholiste is en hulle ouers vloek en nie versorg nie. Of kinders wat in die oggende werk toe gaan en dan eers weer in die aande huis toe kom, terwyl die ouers dalk die hele dag in 'n nat bed lê.”



PROJEK

Eglen het begin om navorsing te doen en vir die kerke gevra of hulle van mense weet wat palliatiewe sorg benodig.

“Ek het ook op die nasionale radiostasie gepraat en toe ons weer kyk, het ons 167 mense geregistreer. Dit was in 2016. Ek het die motorhuis by my huis in 'n kantoor omskep en vir 12 versorgers opleiding deur 'n plaas­like dokter gereël.”

Van die mense wat hulp benodig het, was 15 kinders met serebrale gestremdheid van wie vyf weens ver­skeie redes oor die jare gesterf het. Die kinders is tussen die ouderdomme van vier en 22.

“Hulle woon in sinkhuise by hul families. Baie van die familielede het nie werk nie en daar is nie geld nie. Hulle lewe van dié persoon se ongeskiktheidstoelae vanaf die staat. Dus is die persone wat die hulp benodig nou deur dié geld die broodwinner van die familie. Die geld is min en daar bly niks oor vir doeke, velroom en ander items wat hulle benodig nie.”

Eglen het weens Covid-19 besluit om die daaglikse huisbesoeke minder te maak om haar versorgers se blootstelling te verminder.

“Ons besoek nou net 50 mense elke dag by hul huise. By die ander gaan ons een keer 'n week verby om te hoor wat hulle behoeftes is en of hulle nog gesond is.”

Die Hope Home Based Care Project se vroue is opgelei om onder meer kliënte te versorg, hulle bloeddruk te meet, wonde te behandel en skoon te maak, hulle te bad en aan te trek, naels te knip en algehele higiëne toe te pas. Hulle doen ook daaglikse oefeninge, maak seker dat medikasie korrek geneem word en dat hulle reg eet.

“Die vroue dra uniforms en is baie trots op hul werk en die diens wat hulle lewer. Van Februarie 2017 tot Februarie 2019 het hulle gratis gewerk. Ek het vir hulle bietjie uit my sak betaal, maar dit was baie min. Sedert Maart 2019 het die privaat hospitaal op Tsumeb begin om die vroue te betaal.”

Eglen versorg ook vier mense op Otavi.

“Daar is soveel behoeftige mense oraloor die land in elke dorp en ons moet hande met groot maatskappye vat sodat ons mense waardigheid kan gee. Sport kry miljoene en dit baat net 'n handjievol. Ek sê nie hulle moet dit nie kry nie, ek vra net of van dié geld nie gebruik kan word om behoeftige mense te versorg en waardigheid te gee nie?”

Eglen het haar ma tot haar dood versorg.

“Ek was besig om haar te voed toe ek sien sy is op haar laaste. Ek het haar vasgehou en sy het rustig gesterf. Ek het haar gebad en gewas en in haar bed neergelê. Sy was nie alleen nie en sy het met waardigheid gesterf. Dit is iets wat elke persoon verdien. Ek dink dit moet ontsettend moeilik wees om te sterf sonder dat iemand jou hand vashou.”

Eglen het al baie mense in haar huis opgeneem wanneer sy besef het dat hulle naby aan hul dood is.

“Ek neem hulle in my huis in en dan kan hulle rustig en waardig sterf terwyl ek hulle hand vashou.”

Sy het 'n egpaar vir wie sy gereeld in haar huis inneem en versorg.

“Hulle het vigs en omdat daar nie kos by die huis is nie, word hulle siek en swak, dan neem ek hulle in. Ek versorg hulle, maar moet hulle dan weer huis toe stuur omdat hulle nie voltyds in my huis kan bly nie. Ons benodig 'n hospice of sentrum waar die mense versorg kan word. Waar toesig oor hulle gehou kan word en hulle tussen mense is wat ook hulp benodig.”

Die Hope Home Based Care Project voorsien kos sedert Junie aan die 21 inwoners van die ouetehuis op Tsumeb en die 50 mense wat hulle besoek.



MOEILIK

Daar is twee mense vir wie Eglen oor die jare versorg het wat sy nooit sal vergeet nie.

“Daar was 'n vrou wat onlangs aan Covid-19 dood is wat vetsugtig was en baie moeilik kon beweeg, maar sy was ook baie trots en wou nie hê mense moet haar so sien nie. Sy het elke dag baie dankie gesê dat ek by haar was en vir haar help. Sy het ook elke dag vir my gesê sy bid vir my sodat ek meer mense kan help. Die tannie se daaglikse bedanking het my altyd baie emosioneel gemaak.

“Nog iemand wat uitstaan, is 'n jong man wat in 'n ongeluk van sy nek af verlam was. Toe ek hom die eerste keer gaan besoek het, het ek gevra wat ons vir hom moet en kan doen en of hy gesond is. Sy antwoord: Ek is heeltemal gesond, behalwe vir die vigs.

“Hy het gesê hy was voor sy ongeluk dié man in die gemeenskap. Hy was baie snaaks en het my altyd laat lag.

“Die glimlag van 'n persoon wanneer jy in sy of haar huis of kamer instap, is baie lonend. Dit laat jou voel asof jy hulle enigste hoop is en die rede is hoekom hulle opgestaan het. Daardie gevoel is onbeskryflik. Baie van die mense bêre kos of so vir jou en wanneer jy kom, dan gee hulle dit en sê dit is spesiaal vir jou gebêre. Jy is belangrik in hul lewens en hulle sien jou raak, omdat jy 'n verskil maak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026