Omba spog met nuwe voorkoms
Jacqueline Louw - Die Omba Arts Trust (Omba) se twee winkels by die Namibia Craft Centre in die Old Breweries-kompleks is onlangs opgeknap en die nuutontwerpte afsetpunte is laasweek amptelik deur die ambassadeur van Finland, me. Anne Saloranta, geopen.
Dié trust, wat 350 handwerkers en kunstenaars van nege streke in Namibië ondersteun, verkoop ’n reeks Namibies ontwerpte tekstielware, mandjies, volstruiseier-juweliersware, speelgoed, skryfbehoeftes en dekoritems. Die trust se Art-i-San-winkel fokus op kontemporêre Namibiese kuns.
Die Omba-projek verleen hulp aan gemarginaliseerde gemeenskappe deur hul handwerk en kuns te help ontwikkel en te bemark. Menseregte is die hoofdoel van die trust en dit poog om die mees weerlose lede van die gemeenskap te bemagtig. Veral gemeenskappe in die Omaheke- en Ohangwenastreek asook die San-bevolking baat by hierdie projek. Deur werk en ’n inkomste te genereer, help dit gemeenskappe om te groei en beter lewensomstandighede teweeg te bring.
Die Omba Arts Trust is Namibië se enigste lid van die World Fair Trade-organisasie en werk sedert 1992 saam met nie-regeringsorganisasies om Namibiese gemeenskappe deur middel van hul kuns en handwerk finansieel selfstandig te maak. Die ondersteuning van die Finse ambassade het veral gehelp om deure tot die buitelandse mark vir dié gemeenskappe oop te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie