Om te stem of nie
Om te stem of nie

Om te stem of nie

Catherine Sasman
Die verkiesingseisoen is op ons en volgens wat sekere mense kwytraak, kan die komende verkiesing nogal ‘n waterskeiding wees.

Met ander woorde – daar’s mense wat dink ons kan gróót opskuddings verwag.

Dít, soos dit vir my lyk, kom van aspirantparlementslede wat ook graag ’n hand in die kospotte wil kry – die sogenaamde “pot” van Egipte waarvan Swapo vir bykans 30 jaar geëet het.

Swapo lyk egter onwrikbaar, onbeweeglik, glad nie besorg oor enigiemand anders se politieke aspirasies of gestoei om die kospotte nie.

Van die “kospotte” af, het ’n afgetrede generaal glo al gesê, gaan ons nêrens tot Jesus kom nie.

Wel, weerspreek ander die Mnr. Generaal, Jesus hét lankal reeds gekom, of Jesus is nog altyd hier.

Vir my lyk dit of die verkiesingstyd vir die gewone man en vrou op straat amper geruisloos, stilletjies, half onsigbaar is.

Baie mense – jonk én oud – dink nie hul stem gaan enige verandering bring nie, watter kant toe hulle ook al mag stem.

Baie sê hulle gaan nie hul tyd “mors” deur in die son (met ’n moontlike kans op reën) in lang rye te gaan staan nie, want hulle dink nie hul stemme gaan enige veranderinge teweeg bring nie – weer eens, ongeag watter kant toe hulle ook al mag stem.

Baie dink nie hul lewens gaan enigsins vóór of ná die stemmery verander nie.

Ek kan onthou toe ek in 2009 verkiesings in die suide van die land gedek het, het ’n klompie jongmense gesê dit maak nie saak of hulle gaan stem nie, want Swapo gaan in elk geval wen – die uitkoms is reeds in klip gegiet.

En tog is dit jongmense wat die meeste kan wen – of verloor – uit die stemmery.

Vir oumense soos my ma wat tot haar laaste sou stem omdat onafhanklikheidswording vir haar stemreg gegee het, was stemmery ’n heilige ding wat nie te versmaai is nie.

Jy móét stem om deel in die regering te kan hê, het sy altyd geglo.

Huishoudings is deesdae nie verdeeld tussen hierdie of daardie party nie, maar eerder tussen diegene wat dink stemmery beteken iets en dié wat dink dit beteken niks en is van geen effek nie.

Laasgenoemde is ongelukkig gewoonlik in die meerderheid.

Kieser-uitputting word beskryf as die apatie wat kiesers in sekere omstandighede kan ervaar, soos in buitengewone omstandighede, omdat hulle té gereeld moet stem. Dít is duidelik nie op ons van toepassing nie.

Wat moontlik wel op ons van toepassing is, is dat kiesers vervreemd voel. Hulle voel nie hulle word by sake van die land betrek nie. Hulle is slegs ontvangers – en gevangenes – van ander se besluite.

Dit behoort nogal die Verkiesingskommissie én politieke partye rede tot innerlike besinning te gee, meen ek.

Is dit omdat mense nie goed genoeg ingelig word oor hoe verkiesings hul lewens beïnvloed nie?

Is dit omdat daar nie kandidate is wat hul smaak ’n bietjie kielie nie? Is daar ’n ruim genoeg verskeidenheid om van te kies? Watter vertroue het mense in die kiesproses? Voel kiesers moontlik hul stemme word nie reg weerspieël in uitslae nie?

Waar lê die probleem? Hoe moet dit aangespreek word? Word dit aangespreek?

Hoe dit ook al sy, ek bly maar my ma se kind en daarom sal ek tog maar gaan stem – watter kant toe ook al – net omdat ek nou stemreg het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!