Om jou kop in ’n bynes te druk
Tanja Bause – Windhoekers moet twee keer dink voor hulle bye voor die voet doodmaak.
Só sê mnr. Niklaas Eksteen van Nicky Bee, ’n diens wat byneste verwyder.
Net verlede week het Eksteen nog ‘n bynes uit ’n buitemuur van ’n huis in die hoofstad verwyder en na sy plaas op Rehoboth geneem.
Die byeman is in Windhoek gebore en bemoei hom met dié insekte vandat hy 15 jaar oud is.
“Ons het altyd heuning in die veld gaan haal en ek was nooit bang vir hulle nie. Ek hou van bye en het hulle nog altyd beskerm,” het hy gesê.
Volgens hom het byegetalle die afgelope jare drasties afgeneem omdat mense swerms by hul huise doodmaak, in plaas daarvan om dit professioneel te laat verwyder sodat die bye bewaar kan bly.
“Bel net vir Nicky Bee en ek sal kom om my kinders te kom haal. Al is dit hóé moeilik om by hulle uit te kom, sal ek hulle na veiligheid vat. Al is hulle op ’n plaas of ’n ander dorp, ek sal ry,” het hy gesê.
“Bye is belangrik en ons moet hulle beskerm en bewaar.”
Eksteen sê dis nie geld wat hom motiveer nie, daarom vra hy net vergoeding vir die brandstof wat hy gebruik wanneer hy bye gaan red.
Hy neem die neste wat hy uithaal na sy plaas naby Rehoboth, waar hy heuning vervaardig.
Mense wat byneste by hul huise of in hul omgewing het, kan vir Eksteen by 081 615 4252 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie