Olimpiese drome vir min nog haalbaar

Die twee mansfietsryers Dan Craven en Alex Miller het die naweek by verskillende byeenkomste hul aansprake versterk om die reis na Tokio 2020 te onderneem.
Tielman van Lill
Tielman van Lill en Andrew Poolman - Helalia Johannes, Namibië se koningin van die lang pad, is die enigste verteenwoordiger van Atletiek Namibië wat sover vir die 2020 Tokio Olimpiese Spele in Japan gekwalifiseer het.

Johannes het met die 2019 IAAF wêreldkampioenskap in Doha, Katar, met 'n uitstekende bronsmedalje onder uiters bedompige omstandighede gewys wat 'n gedugte mededinger sy is.

Geen baan- of veldatleet kon sover die Olimpiese kwalifiserende peil haal nie, maar nog 'n padatleet, die 29-jarige Rainhold Tomas het nog op 8 Maart in Otsu, Japan, 'n buitekans. Maar dan sal hy sy treë moet rek om binne 2 ure 11 minute 30 sekondes oor die eindstreep te draf.

In die jeugdige naelloper Beatrice Masilingi het die land 'n ster in wording. Sy is net 17 jaar oud, maar is besig om stadig maar seker wasdom in die 200 en 400 m te bereik. Sy moet onderskeidelik tye van 22.80 s en 51.35 in die 200 en 400 m haal om te kwalifiseer.

Daar wag aanstaande maand in Duitsland, asook in Suid-Afrika byeenkomste waar sy dié droom wil verwesenlik.

Die Namibiese Olimpiese Komitee se sekretaris-generaal, me. Joan Smit, het verlede week 'n nuuskonferensie toegespreek waarin die huidige stand van verskillende sportkodes se Olimpiese kandidate soos volg uiteengesit is:

Padfietsry: Twee kwotaplekke is vir Namibië in padfietsry beskikbaar.

Danksy haar stand op die UCI se wêreldranglys, is Vera Adrian die logiese keuse aan die vrouekant, terwyl haar manlike eweknie nog moet bepaal word met twee uit die vier byeenkomste wat as kriteria gebruik word, reeds afgehandel.

Dan Craven se tweede plek gister ná Victor Campenaerts van België in die 100 km Nedbank Cycle Challenge, waarin hy voor Martin Freyer klaargemaak het, plaas hom in selfs 'n meer gunstige posisie as wat hy reeds voor sy aankoms uit Amerika was.

Ingram Cuff (vierde), Christo Swartz en Danzel de Koe het in dié volgorde in dieselfde tyd klaargemaak, met Kai Pritzen (sewende) en Drikus Coetzee een sekonde later. Kort ná sy 37ste verjaardag bly Craven met sy vertoningslys in internasionale resiese op koers om sy derde verskyning by 'n Olimpiese Spele te maak.

Komende naweek se nasionale kampioenskap geborg deur Nedbank, asook die Kaapstad-fietstoer op 8 Maart dien as die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se finale twee kriterium-resiese.

Bergfietsry: Amptelike bevestiging sal dalk eers in Meimaand verkry word, maar Namibië het waarskynlik een posisie elk vir 'n manlike en vroulike ryer beklink, toe Michelle Vorster (vierde) en Alex Miller (derde) verlede jaar by die Afrika-kampioenskap die beste plekke ná Suid-Afrika behaal het.

Vorster, wat haar Olimpiese debuut in Rio 2016 gemaak het, het plaaslik geen ander uitdager vir 'n reis na Tokio nie, maar die NCF moet nog 'n amptelike keuse tussen Miller en Tristan de Lange doen, wat beide 'n oortuigende CV van Afrika-prestasies kan voorlê.

Vir dié doel is die twee gestuur om die afgelope naweek in Mpumalanga aan die Mankele-byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Bekerreeks gaan deelneem. Miller, in die kleure van Mannie's Bike Mecca, het met 'n bronsmedalje heel moontlik die skaal in sy guns geswaai teen die ongelukkige De Lange (Team Danste).

Laasgenoemde was tot laat in die wedren nog saam met Miller in 'n groepie van drie wat vir die tweede eindposisie meegeding het, toe 'n tweede pap wiel sy kanse beduiwel het. De Lange moes uiteindelik met die elfde plek tevrede wees, terwyl die hoogs belowende 19-jarige Miller die podium met die buurland se wenner en Statebond-kampioen, Alan Hatherly, asook Wessel Botha gedeel het.

Roei: Maike Diekmann het verlede jaar by die kontinentale kwalifiserende kompetisie in Tunisië haar kans benut deur met 'n goue medalje haar kaartjie na Tokio te bespreek.

Sy sal die eerste persoon wees wat Namibië in dié kode op Olimpiese vlak verteenwoordig.

Boks: Jonas Jonas Junior, Try­again Ndevelo en Nestori Thomas is tans in Swakopmund met voorbereidings besig. Die trio kan aanstaande maand in Dakar, Senegal, by die Afrika-kampioenskap dalk net daarin slaag om vir Japan te kwalifiseer.

Gimnastiek: Namibië streef daarna om individue in die springmat- en tuimeldissiplines na Tokio te stuur. Gimnaste sal van 25 tot 29 Mei by The Dome in Swakopmund by die kwalifiserende Afrika-byeenkoms 'n kans staan om te kwalifiseer.

Swem: Phillip Seidler en Alexander Skinner is Namibië se enigste hoopvolle kandidate in die water. Seidler moet nog vir die 10 kilometer oopwaterswem kwalifiseer. Fukuoku in Japan is sy bestemming waar hy einde Mei moet sorg dat hy onder die eerste nege swemmers is om sy tasse vir Tokio te pak. Skinner reis na die SA kampioenskap in Durban in sy strewe om vir die 100 m vryslag te kwalifiseer.

Stoei: Romeo Goliath het vandeesmaand 'n silwermedalje by die Afrika-kampioenskap in sy gewigsklas behaal. Hy moet egter nog eers na El Jadida, Marokko, vlieg om aanstaande maand aan 'n kwalifiseringsbyeenkoms deel te neem.

Die Olimpiese Spele in Tokio skop op Vrydag 24 Julie af en duur tot Sondag 9 Augustus.

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%