Olifantverkope: Namibiu00eb moet aan Cites-vereistes voldoen
Olifantverkope: Namibiu00eb moet aan Cites-vereistes voldoen

Olifantverkope: Namibië moet aan Cites-vereistes voldoen

Omgewing
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Namibië het bevestig dat sy plan om lewende Afrika-olifante te verkoop, ingevolge artikel III van die sekretariaat van die konvensie oor die handel in bedreigde spesies (Cites) sal geskied en ten volle aan die vereistes voldoen.

Volgens Cites het lede van die publiek en nie-regeringsorganisasies die afgelope weke kommer uitgespreek dat Namibië van plan is om lewende Afrika-olifante na bestemmings buite hul natuurlike omgewing uit te voer.

Dít volg op die onlangse aankondiging deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme dat 57 olifante gevang sal word om aan onbekende bieërs te verkoop, en 42 van dié olifante sal uitgevoer word.

Die nie-regeringsorganisasie Foundation Franz Weber (FFW) het gesê volgens onlangse veldondersoeke wat hulle uitgevoer het, sal die vang en uitvoer van Namibiese olifante die voortbestaan van die diere in gevaar stel.

Die FFW het gesê die regering se plan is 'n oortreding van Namibië se internasionale verpligtinge.

Gevolglik het die stigting die Cites-sekretariaat en die ministerie versoek om 'n stokkie voor die verkope te steek.



HERRIE

Die nuus oor die veiling van 170 olifante het in Desember 2020 bekend geword en 'n herrie veroorsaak. Ondanks die teëstand het die ministerie in Januarie 'n veiling gehou en 57 olifante vir N$5,9 miljoen verkoop.

Cites het verduidelik die maatreëls rakende die Afrika-olifantbevolking van Namibië is van Byvoegsel I na Byvoegsel II oorgedra tydens die tiende vergadering van die Konferensie van Partye van Cites wat in 1997 in Harare gehou is.

Lewende Namibiese Afrika-olifante mag ingevolge artikel IV verruil word vir “in situ-bewaringsprogramme”, het Cites verduidelik.

Die sekretariaat het bygevoeg in gevalle waar hierdie spesiale “Byvoegsel II-voorwaardelikheid” nie nagekom word nie (indien lewende Namibiese Afrika-olifante nie verruil word vir “in situ-bewaringsprogramme” nie), word hulle “as voorbeelde van spesies in Byvoegsel I beskou en sal die handel daarin dienooreenkomstig gereguleer word”.



REGULASIES

Dié maatreëls beteken Namibië moet ingevolge artikel III van die konvensie in sulke lewende diere verhandel. Daarvolgens vereis die uitvoer van enige dier van 'n spesie wat in Byvoegsel I ingesluit is, vooraf toestemming en 'n uitvoerpermit.

Daarbenewens vereis die invoer van 'n dier van 'n spesie wat in Byvoegsel I ingesluit is, vooraf toestemming en 'n invoerpermit en 'n uitvoerpermit, óf 'n heruitvoersertifikaat moet getoon word.

“Namibië het die sekretariaat verseker die bepalings in artikel III sal ten volle nagekom word en niks sal buite die Cites-vereistes verhandel word nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.61 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.74/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0099 | Zinc US$ 2 918.30/T DOWN -1.21% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 975.55/OZ DOWN -0.0031 #N/A