Olifante vertrap Noorde-plase

Olifante het ’n kommersiële plaas in die Noordooste verlede jaar altesaam 69 keer besoek en skade van N$384 000 aangerig.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai, met een plaas wat reeds die 21ste keer vanjaar deur die olifante besoek is.

Mnr. Riaan White van die plaas Uitsig sê hy het pas tevergeefs N$97 000 aan ’n elektriese heining spandeer om die olifante te probeer uithou.

Dit volg na die olifante sy plaas in 2019 altesaam 69 keer besoek het en skade van N$384 000 aangerig het.

“Ek het gister vir my vrou gesê ek dink ons moet maar liewer alles verkoop en al die waterpunte tot niet maak. Dalk moet ons net begin hout maak op die plaas,” het hy moedeloos gister aan Republikein gesê.

Hy sê sy plaaswerkers raak ook moedeloos om herhaaldelik dieselfde heinings te moet regmaak. “Soos wat jy regmaak, kom breek hulle dit weer, ’n mens kom net nie voor bly nie.

“Jy werk dag in en dag uit oor die olifante, soms gaan sit ons in die nag by ons heinings om hulle te probeer verjaag as satellietdata wys hulle is naby.”

White sê die olifante is gereelde besoekers aan veral sewe plase in die omgewing. Die keer het die twee troppe van altesaam tussen 70 en 80 olifante die plase Uitsig, Mooibome, Tranedal, Driemaal en Mylpaal besoek nadat hulle die veterinêre kordonheining oorgesteek het. Hulle het klaarblyklik in kleiner groepe opgedeel terwyl hulle die plase besoek het.

White sê dit blyk die olifante kom water op kommersiële plase soek, nadat hulle reeds die meeste waterpunte verder noord op die agentskap vir n ywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) se plase verwoes het.

Hy sê een van sy buurmanne het die afgelope jaar reeds alle pogings laat vaar om heinings of krippe te herstel.

Mnr. Peet Jacobsz wat op die plaas Tranedal boer, sê hy is net so moedeloos nadat die olifante sedert Donderdag twee van sy veeposte en ’n plaasdam verwoes het, wat beteken ’n klomp van sy beeste staan nou sonder water.

“Boonop het hulle hekke en heinings vernietig so ver soos hulle gekom het,” het Jacobsz gesê.

Gisteroggend het hy gesê dit blyk dat die olifante weer sy plaas verlaat het nadat groot skade aangerig is.

LPO GEFRUSTREERD

Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se voorsitter, mnr. Thinus Pretorius, sê veeprodusente se probleme met olifante in dié en talle ander dele van die land is ‘n stokou probleem.

Hy sê die regering het intussen ’n kontrak met ’n private onderneming, onder leiding van dr. Malan Lindeque, aangegaan om ’n bestuursplan vir die olifante in Namibië saam te stel, waaraan daar tans aktief gewerk word.

“Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme kom nie hul verantwoordelikheid na om die konflik tussen mense en wilde diere te bestuur nie.

“Papierwerk help niks as dit wat daarop staan, nie in praktyk toegepas word nie. Dit is waar die probleem lê en ons is gefrustreerd, om dit lig te stel,” het Pretorius gesê.

“Toepassing is ’n riller, dit help nié om ’n beleid te skryf of nog ’n papier van maanskyn en rose op te stel nie. Die probleem lê by die amptenare wat die werk moet uitvoer.

“’n Kommersiële boer kan nie saam met ’n olifant boer nie, ook nie met ’n hiëna of ’n trop sebras wat onbeperk sy eiendom betree en sy weiding verwoes nie,” het Pretorius gesê.

Hy sê die noordooste se olifantprobleme is telkemale reeds met die ministeries van staatsondernemings, handel en nywerheid, asook die omgewing en toerisme opgeneem.

Hy het gesê probleme met olifante is ook besig om by Outjo, Kamanjab, Korixas, Kalkveld en Omaruru handuit te ruk, terwyl sommiges ook ernstige probleme met hiënas, leeus of sebras ervaar wat uit die Namib-Naukluftpark na die Khomas Hochland beweeg.

“Dieselfde geld vir die buffels van Waterberg – al is 400 van hulle onlangs na Zambië verskuif, is hulle steeds oorbevolk en sal hulle aanhou uitbreek as daar nie weiding is nie. Dit stel die hele land se gesondheidstatus in gevaar,” het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042