Olieprys nog nie oortuig van Opul se besnoeiing
Ontstuimigheid in die mark duur voort weens kommer dat die voortslepende handelstwis tussen Amerika en China die vraag na olie sal onderdruk.
William Horne
Die Organisasie van Petroleum-uitvoerlande (Opul) het Vrydag onverwags sy vennote oortuig om olieproduksie met 1,2 miljoen vate per dag te sny, maar ontstuimigheid in die mark duur voort weens kommer dat die voortslepende handelstwis tussen Amerika en China die vraag sal onderdruk. Dit het termynkontrakte in New York Maandag met tot 2,1% laat val, ten spyte van die Opul-besluit.
Opwaartse druk op die olieprys is kwesbaar omdat dit onseker is hoe Opul en sy vennote die beloofde besnoeiing in werking gaan stel, sê Goldman Sachs en Morgan Stanley.
Asiatiese en Europese markte het ook ná swakker ekonomiese aanwysers uit China gesukkel.
“Een verduideliking vir dié swakheid is dat die makro-wêreld sy aptyt vir risiko verloor het,” sê Giovanni Staunovo, 'n ontleder by UBS in Zürich, Switserland.
“Die ander is dat die Opul-besnoeiing eers in Januarie begin en die mark wil waarskynlik eers sien dat uitvoer afneem voordat pryse sal begin styg.”
Opul se besluit om meer as 1% van die wêreldwye olieproduksie te sny is in weerwil van pres. Donald Trump van Amerika se versoek dat oliepryse laag gehou moet word.
Vir Opul-lidlande soos Saoedi-Arabië was die lae olieprys onvolhoubaar. Die afwaartse neiging was weens die oormaat voorraad op die mark.
Dit is deur Amerika se vrystelling van agt lande van Iranse oliesanksies en die rekord-vlakke van skalie-olie-produksie in Amerika vererger.
Saoedi-Arabië het 'n olieprys van minstens $60 per vat nodig om winsgewend te wees.
– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie