Okakarara-dorpsraad neem handelskou oor
Van volgende jaar af is die Okakarara-dorpsraad verantwoordelik vir die aanbieding van die dorp se jaarlikse handelskou.
Die raad het in September amptelik die skou by die Okakarara Handelskouvereniging oorgeneem wat die afgelope 10 jaar daarvoor verantwoordelik was.
“Dit is my voorreg om die handelskou amptelik aan die dorpsraad te oorhandig,” het die voorsitter van die vereniging, mnr. Elia Kandjii, gesê. Hy het gesê daar is ooreengekom dat die dorpsraad ná 10 jaar die reëlings rakende die jaarlikse skou sou oorneem, wat beteken dit was vanjaar die laaste keer dat dit deur die reëlingskomitee gedoen is.
Werknemers van die dorpsraad was egter reeds vanjaar betrokke sodat hulle ondervinding kon opedoen. Die nuwe direksie van die Okakarara-handelskou sluit in die burgemeester, me. Olga Tjiurutue-Katukundu, kiesafdelingraadslid mnr. Vetaruhe Kandorozu, Okakarara se uitvoerende hoof, mnr. Erhnst Katjiku, en ses ander raadslede van die plaaslike owerheid.
Tjiurutue-Katukundu het die uittredende lede vir hul harde werk bedank en namens haar span onderneem om die handelskou een van die grootste in die land te maak.
“As 'n raad sal ons verseker die skou geskied in 'n atmosfeer wat bevorderlik is vir ons borge, besoekers en potensiële beleggers,” het sy gesê.
Sy het voorts klein en mediumgrootte ondernemings en plaaslike boere aangemoedig om die geleentheid aan te gryp om hul besighede deur middel van die skou te bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie