Okahandja-hoës se uurglas loop leeg

Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling sal na verwagting vandag by die oorhandiging van ’n klagskrif teenwoordig wees.
Tanja Bause
Tanja Bause – Volgens die Okahandja-gemeenskap moes dié dorp se munisipaliteit teen vandag hul kantoor vrywillig ontruim het.

Op 27 Maart het lede van die Okahandja-gemeenskap na die munisipaliteit opgemars en dié sperdatum geëis.

Na verwagting sal ’n opmars vandag weer plaasvind - dié keer om ’n klagskrif aan die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Derek Klazen, te oorhandig.

“Ons sal die petisie om 10:00 oorhandig. Ons verwag dat die minister stappe sal doen. Ons as gemeenskap sal wag tot hy ’n besluit en die nodige aksie geneem het, voordat ons verdere stappe sal doen,” het mnr. Helodesa Vatilifa, ’n gemeenskapsverteenwoordiger, gesê.

Vatilifa sê die gemeenskap is ongelukkig met die manier waarop Okahandja bestuur word.

Onder meer veroorsaak ’n verstopte rioolpyp agter die Abendsfrieden-aftreeoord op die dorp ’n onaangename reuk en dat riool in die veld gestrooi lê.

Volgens ’n WhatsApp wat die koerant ontvang het, loop die riool al die afgelope 10 dae agter die oord verby.

“Die riool is nou al op pad na die ou sportgronde toe en dit sal binnekort in die rivier beland,” lees die WhatsApp.

Mnr. Partick Haraseb, van Okahandja se munisipaliteit, het bevestig die pyp is verstop en sê sy span het dit reeds twee keer skoongemaak.

“Ons het die blokkasie verwyder. Die volgende dag het ons weer ’n oproep ontvang wat ons ingelig het dit is weer verstop. Ons het die blokkasie toe weer verwyder. Niemand het ons daarvan ingelig dat dit nou weer verstop is nie, maar ek sal my span weer uitstuur om ondersoek te gaan instel,” het hy gesê.

Haraseb beweer mense maak die mangatdeksel oop en gooi groot voorwerpe daarin af, wat verstoppings veroorsaak.

“Ek het ook al met die mense by die aftreeoord gesels en verduidelik hulle moet nie enigiets daarin gooi of afspoel nie,” het hy gesê.

Volgens hom is daar geen probleem met die rioolstelsel self nie en is die pyp groot genoeg om 100 huishoudings te bedien.

“Ons het al baie vreemde items daaruit gehaal, goed wat nie in ’n rioolpyp hoort nie.”

Intussen het besighede soos Lewcor en Colas hand bygesit met herstelwerk aan Okahandja en die Nau-Aib-woonbuurt se paaie.

Dít volg nadat die munisipaliteit aan die begin van Februarie met ondernemings en gemeenskapslede vergader het om ’n beroep op inwoners te doen om die opknap van die dorp se paaie te ondersteun.

In ’n brief wat die koerant ontvang het, bedank die skrywer dié twee maatskappye en beweer die munisipaliteit het die afgelope 30 jaar feitlik geen geld aan die opknap van strate bestee nie.

“Amptenare en raadslede het hulself eerder met die destydse beskikbare fondse verryk én/of hulle het geen begrip wat voorkomende onderhoud aan infrastruktuur behels nie. Verskeie versoeke en petisies is oor báie jare aan die munisipaliteit gerig, waarvan niks gekom het nie.

“Weinig tot geen reaksie is van die munisipaliteit ontvang nie. In die meeste gevalle is amptelike skrywes nie eers beantwoord nie,” beweer die brief.

Die bekende “dippie” in Okahandja se hoofstraat, wat jare lank al probleme skep wanneer dit reën, sal binnekort verdwyn en met ‘n laagwaterbruggie vervang word.

Dít ook te danke aan die twee genoemde besighede.

Intussen berig Republikein se susterpublikasie Namibian Sun oor sakke vol mediese afval wat agter die Okahandja-kliniek gestort is.

Dié rommel is Donderdag ontdek.

Van die sakke is geskeur en die mediese afval hou ’n gevaar vir die omliggende woonbuurte in.

Volgens die berig is die gesondheidsdirekteur van die Otjozondjupastreek, me. Frieda Stefanus, vir kommentaar genader.

Sy sê mediese afval moet daagliks verbrand word.

“Daar kan ’n aantal uitdagings wees, soos dat die verbrandingsoond buite werking is. Soms bring ander instansies ook hul afval om te verbrand. Ek is egter nie hiervan in kennis gestel nie,” het sy gesê.

Teen druktyd kon Stefanus nie vir verdere kommentaar bereik word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044