Oewerhengelaars gou weer in aksie
Die wenners van laas seisoen se nasionale kompetisie is onlangs vereer.
Klubs en hengelaars van die Namibiese Varswater Oewerhengelvereniging berei voor vir die eerste kompetisie vir die nuwe jaar op die naweek van 10 Februarie by Hardapdam.
Soos gewoonlik word uitgesien na 'n lekker kompeterende jaar vir penkoppe (onder 13), juniors, vroue, senior mans en meesters.
Die hengelkompetisies van 2017 was suksesvol en baie kompeterend onder die klubs sowel as die individuele hengelaars. Goeie prestasies is deur vroue, senior mans, meesters en junior hengelaars bereik.
Die pryswenners vir 2017 in verskeie kategorieë is onlangs vereer.
By die penkoppe (o.13) het Adrian Steenkamp, Charmaine Eastes en Sven von Lieres hulle goed van hul taak gekwyt met, goeie vangste.
Die topdrie juniors was: 1 Ivan Kotze (165 visse), 2 Marsen von Lieres (142 visse), 3 Rikus van Staden (90 visse).
Tussen die senior mans was die kompetisie ongelooflik mededingend en die wenners was soos volg: 1 Leon Diedericks, 2 Corné Bergh, 3 Ashley Alves.
Die vroue het mekaar ook goeie kompetisie gegee met Lani Meyer (wenner), Petro van Zyl en Anina Barnard as die topdrie.
Dan was daar die meesters waar George Oelofse die algehele wenner was.
In die wedloop tussen die klubs het Hook It boaan geëindig, gevolg deur Xtreme (tweede) en Nomad in die derde plek.
Behalwe dat varswaterhengel 'n sportsoort vir oud en jonk is, is daar ook vele sosiale hengelaars vir wie dit net 'n stokperdjie of ontspanning is.
Die verskil is dat wanneer jy dit vir die sport doen, jy wel teen tyd hengel. Om verskillende spesies soos karpe, moddervisse, kurpers, geelvisse en babers vir 'n kompetisie te vang, kan jou dan heeldag besig hou.
Die NFBAA bevorder beslis “catch and release”, dit wil sê dat hengelaars ná die kompetisie die vis terug in die water plaas. Veilige hantering en inweeg van vis bly 'n belangrike aspek in hengel.
Enigiemand wat graag deel van die sport wil word, kan die ontwikkelingsbeampte, Morné Prenn, by 081 278 5448 kontak.
Die NFBAA se webtuiste is www.namibia-freshwaterangling.com/nfbaa, of op Facebook (namibiafreshwaterbankangling).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie