O.18's sê Bokkies die stryd aan
Sewesrugby
Andrew Poolman - Jeandre Loubser van Windhoek Afrikaanse Privaatskool is as die kaptein aangewys van die Namibiese o.18-span vir die internasionale Capricorn-groep sewesrugbytoernooi wat vandag by Windhoek Gimnasium afskop.
Loubser en die onderkaptein Lyle Beukes is die enigste oorblywende spelers van verlede jaar se groep wat by die Afrika Jeugspele in Algiers gaan meeding het.
“Dis 'n nuwe groep wat mekaar nog nie lank ken nie en wat met min oefentyd oor die weg moet kom, maar ons sal ons heel beste in die nasionale trui gee,” sê die Namibiese skolespan se afrigter, Patrick Ludick.
Sy span open vanmiddag sy aanslag teen Botswana en die Barbarians, voor vanaand se hoofwedstryd tussen Namibië en Suid-Afrika, die kampioene van 2018 en 2017.
Ludick sê daar word dikwels gepraat om 'n sewesliga vir skole te vestig, maar eers sodra dit in werklikheid gevestig word, sal Namibië in toernooie soos hierdie die vrugte kan pluk.
Die afrigter wys daarop dat verlede jaar se Namibië-span by die Afrika Jeugspele die eindstryd gehaal het en met 15-32 deur Suid-Afrika geklop is.
“Suid-Afrika het altyd 'n goeie struktuur en kom voorbereid, maar ek glo as ons aanhou werk en ons spelers verbeter, kan ons die gaping voortdurend kleiner maak en dalk op 'n gegewe dag 'n vertoning bymekaar sit om hulle te verras.”
Die feit dat Namibië se eerste skooltermyn grootliks vir atletiek opsy gesit word, beperk ook die fokus wat op kodes soos sewesrugby geplaas kan word.
Suid-Afrika (kampioene) en Namibië (naaswenners) het mekaar sedert die ontstaan van die Capricorn Sewes in beide die 2016 en 2017 finale ontmoet.
Duitsland, Zimbabwe en Botswana is vanjaar die ander nasionale spanne wat in die internasionale afdeling meeding.
Daar is ook 'n Barbarian-span, 'n kombinasie saamgestel uit spelers van Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe om vir die onttrekking van die Zambiese span te vergoed.
Die Namibiese span het gister 'n borgskap van Vivo deur sy handelsmerk Shell Helix vir hul truie in die toernooi ontvang. Die tuisspan se ander borge is Rubicon, FNB Grootfontein, Globaweld, JPT Buthery en Roy's Rest Camp.
Soos gewoonlik ding plaaslike skole afsonderlik in die o.19 en o.15-afdelings mee.
Die naweek se wedstrydprogram:
VANDAG
13:22 HTS tn Whk Gimnasium (o.15)
13:44 HTS tn WHS (o.19)
14:06 Namibië tn Botswana
14:28 SA Akademie tn Barbarians
14:50 Zimbabwe tn Duitsland
15:12 WHS tn Pro-Ed (o.19)
15:34 HTS tn Whk Gimnasium (o.19)
15:56 Barbarians tn Namibië
16:18 Botswana tn Duitsland
16:40 WHS tn Whk Gimnasium (o.15)
17:02 Pro-Ed tn Whk Gimnasium (o.19)
17:24 HTS tn Jan Möhr (o.15)
17:46 Zimbabwe tn SA Akademie
18:08 Jan Möhr tn HTS (o.19)
18:30 HTS tn WHS (o.15)
18:52 Openingseremonie
19:14 Whk Gimnasium tn Jan Möhr (o.15)
19:36 Jan Möhr tn Pro-Ed (o.19)
19:58 WHS tn Whk Gimnasium (o.19)
20:20 Zimbabwe tn Botswana
20:42 Duitsland tn Barbarians
21:04 SA Akademie tn Namibië
MôRE
08:00 WHS tn Jan Möhr (o.15)
08:22 HTS tn Pro-Ed (o.19)
08:44 Whk Gimnasium tn Jan Möhr (o.19)
09:06 Botswana tn Barbarians
09:28 Namibië tn Zimbabwe
09:50 Duitsland tn SA Akademie
10:12 WHS tn Jan Möhr (o.19)
10:34 Barbarians tn Zimbabwe
10:56 Botswana tn SA Akademie
11:18 Namibië tn Duitsland
11:40 O.15 plaatfinaal
12:02 O.19 plaatfinaal
12:24 Internasionale bowlfinaal
12:46 O.15 bekerfinaal
13:30 Internasionale plaatfinaal
13:52 O.19 bekerfinaal
14:14 Internasionale bekerfinaal
14:36 Prysuitdeling

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie