NWR se toekomsblik op toerisme
NWR se toekomsblik op toerisme

NWR se toekomsblik op toerisme

Die amptelike opening van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) as deel van die toerismeherlewingsplan van die regering is die broodnodige aanmoediging wat die toerismesektor en Namibia Wildlife Resorts (NWR) nodig het.

Só sê die besturende direkteur van NWR, dr. Matthias Ngwangwama, wat meen dit is 'n stap vorentoe vir die herlewing van die toerismesektor wat tans een van sy grootste uitdagings in die geskiedenis en menseheugenis ervaar.

"Met die opening van die HKIA is ons hoopvol dat internasionale reisigers sal begin instroom en daarmee saam 'n positiewe sentiment in die toerismebedryf. Soos met alle maatskappye in Namibië en wêreldwyd, was die afgelope vyf maande uitdagend en ontstellend," het Ngwangwama gesê.

Hy sê in reaksie hierop het NWR sy sakebedrywighede aangepas om die uitdagings van die Covid-19-pandemie die hoof te bied: NWR het 'n samewerkingsooreenkoms met die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) onderteken wat tot kostebesnoeiingsmaatreëls gelei het.

Volgens Ngwangwama is 'n nuwe prysmodel vir die plaaslike toerismemark ook aanvaar wat tot dusver NWR se bedrywighede kon volhou.

Hy sê dit is egter geen geheim dat die plaaslike mark alleen nie voldoende is om die toerismesektor te dra nie.

"Voor die opening van die HKIA was en is die toerismebedryf voortdurend deur die pandemie geraak. Net so het sommige van die reisbeperkings verdere twyfel op enige maatskappy in die bedryf geplaas om op die kort termyn te herstel," verduidelik Ngwangwama.

"Ons is baie bedag op die rol wat ons in die Namibiese sake-arena vervul en as ons na die toekoms kyk, verstaan ons dat daar 'n lang pad is voor die sektor weer dieselfde kamerbesettings as voor Covid-19 sal ervaar."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!