NWR-bestuur se salarisse met 25% besnoei
Die direksie en senior personeel van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se salarisse sal vanaf September met 25% besnoei word.
“Vir die afgelope ses maande het die Covid-19-pandemie ’n verwoestende impak op alle toerismemaatskappye gehad. NWR as een van die dominante rolspelers in die toerismebedryf is ook nie gespaar nie,” het mnr. Mufaro Nesongano, NWR se korporatiewe kommunikasiehoof, in ’n mediaverklaring gesê.
“Met die negatiewe impak op die bedryf moes NWR ook maatreëls vir kostebesnoeiing toepas. Met Covid-19 wat in die afsienbare toekoms nog deel van ons lewe gaan wees, het ons direksie, besturende direkteur en senior bestuurspersoneel op die E-Patterson-glyskaal besluit om hul salarisse met 25% te besnoei.”
Die besturende direkteur, dr. Matthias Ngwangwama, sê dit is die wens van die NWR-direksie en senior bestuur om die maatskappy se voortbestaan en oorlewing te verseker.
“Dit is geen geheim nie dat ons ’n belangrike rol in die toerismesektor en Namibiese ekonomie speel. Die besluit is geskoei op verdere besparings vir die maatskappy namate ons onbekende waters betree,” het Ngwangwama gesê.
Foto Mnr. Mufaro Nesangano, NWR se korporatiewe kommunikasiehoof

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie