Nuwe winkeleienaar (60) floreer

Hoktyd noodsaak denke buite die boks

18 September 2020 | Mense
Tanja Bause

“Net ná my 60ste verjaarsdag het ek besluit dit is nou die tyd om iets vir myself te doen,” vertel Janey van Vuuren van Okahandja.

Dit is ook presies wat sy in Meimaand vanjaar gedoen het, deur Janey’s Coffee Shop & Home Industries op Okahandja te begin.

Janey is in Carolina in Mpumalanga, Suid-Afrika, gebore, maar het saam met haar familie op tienjarige leeftyd na Namibië verhuis. Hier het sy ná skool by die destydse Waterwese begin werk en haar man Gert ontmoet. Die twee het in die huwelik getree en in 2003 het die egpaar na Okahandja getrek.

“Ek was die hele tyd ’n huisvrou en het my kinders grootgemaak. Ek was ’n mom’s taxi bestuurder en het al die dinge gedoen wat ’n ma vir haar kinders doen.”

Net nadat die Covid-19 pandemie Namibië getref het, het die vrou wat die haarsalon op die dorp bedryf het, die besigheid toegemaak en Windhoek toe getrek.

“Die gebou het leeggestaan en ek het vir my man gesê dit is die perfekte plek om met my koffiekroeg te begin. Die plek waar ek my eie besigheid gaan begin.”

Janey het al deur die jare deur gereeld by kerkgeleenthede die koek en tee verversings gereël. Sy self het ook vir die geleenthede gebak en dit was een van die redes hoekom sy besluit het sy kán vir haarself so ’n winkel bestuur en hanteer.

“Gedurende die eerste hoktydperk het ek en my familie die plek uitgeverf en opgeknap. Ons het die plek reggemaak om ’n koffiekroeg te begin, min wetend dat ons so lank onder die Covid-19 pandemie hoktydperk gebuk sou moet gaan.”

Gedurende die inperking weens Covid-19 was koffiekroeë of restaurante nie toegelaat om oop te wees nie.

“Ons mag net wegneemetes verkoop, so die koffiekroeg is nog nie oop nie. Ons het egter wel wegneemetes soos toebroodjies en middagetes op bestelling verkoop.”

Die winkel verkoop intussen ook vars groente.

“My skoondogter Lelanie het begin om vars groente te verkoop om haar skoonheidsalon se bedryfskoste tydens die moeilike tyd te help dek. Sy het die groente op bestelling begin verkoop. Die bestellings het egter soveel geword dat ons nou saamwerk en die groente hier vanuit my winkel verkoop sonder dat mense bestellings hoef te plaas.”

Die groente word so ver as moontlik vanaf boere in en om Okahandja aangekoop.

“Gert werk op die oomblik op Ruacana en hy stuur per geleentheid groente wat daar plaaslik aangeplant word na my winkel. Die grootste probleem is egter die vervoer van daar af Okahandja toe, wat natuurlik ’n uitwerking op die koste van die produkte het.

“Die voordeel van my groente is dat dit vars geoes op my winkelrakke beland. Ek verkoop vars geoeste groente soos kool, patats en botterskorsies.”

BREI UIT

Janey se idees vir haar besigheid eindig egter nie by die koffiekroeg of die groente nie. Sy is besig om ook een hoek ook van die winkel aan ’n tuisnywerheid af te staan.

“Dit is egter maar ’n baie tydsame proses. Ek het agtergekom mense stel in die kos belang en nie soseer in die handwerk nie. Ons bied steeds verskillende soorte beskuit, koekies, konfyt en maroela-olie te koop aan.”

Mense kan ook enige boeke wat hulle klaar gelees het na die winkel bring en daar vir ander boeke inruil.

“Daar is geen koste aan die ruil van die boeke verbonde nie. Mense bring hul boeke en stap uit met ’n ander boek van hul keuse,” het sy gesê.

Volgens Janey vaar die besigheid bo verwagting baie goed.

“Die besigheid doen goed, veral met Lelanie wat my bystaan en met die mense van Okahandja wat my ondersteun.”

“My droom is om ’n klein, gesellige, vriendelike koffiekroeg hier op die dorp te vestig – in die blou winkel, soos die gebou in die gemeenskap bekend staan. ’n Lekker kuierplek waar mense lekker koffie kan drink en vars gebakte koek kan geniet. ’n Klein plekkie, want as jy te groot word, verloor jy jou en jou plek se identiteit.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

15 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

15 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

15 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

15 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

15 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

15 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...