Nuwe wiele vir verkeersbeamptes

04 October 2019 | Regering
Iréne-Mari van der Walt - Die munisipaliteit van Swakopmund het agt splinternuwe Golf GTI’s ryker geword.
Die tender is in middel Augustus aan Autohaus Swakopmund toegeken en al agt voertuie is binne ses weke volgens spesifikasies voorberei.
Me. Sonita Pienaar, die bestuurder van Autohaus Swakopmund, het gesê dat hoëverrigtingmotors nodig is – die GTI se spesialiteit. “Hulle het hoëverrigtingmotors nodig en die vorige voertuie was al oud – dit was nodig om op te gradeer,” het sy gesê.
Sy voeg by dat die nuwe Golf GTI’s ideaal is vir polisiebegeleiding wat gereeld teen hoë spoed gebeur. “Hulle moet kan byhou met begeleiding wat gereeld van Walvisbaai se lughawe af tot Hentiesbaai plaasvind. Die voertuie kan dus nie te stadig wees nie,” sê sy.
Die agt beamptes wat ‘n voertuig ontvang het, moes opleiding by Drive Well Namibia ontvang.
Mnr. Melvin Cloete van die Swakopmund verkeersdepartement het gesê die afdeling het klagtes ontvang van die president se kantoor dat begeleidingsvoertuie nie by die spoedperk kon hou nie. “Die voorwaarde waarop die begroting goedgekeer is, is dat ons hoëverrigtingmotors moes kry,” sê hy.
Cloete reken die voertuie wat voorheen gebruik is nie meer lank sou kon dien nie.

Soortgelyk

 

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

7 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Geingob neem aanstoot

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

7 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

7 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...

Tragedie tref toergroep

7 ure gelede | Ongelukke

Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Altesaam 34 Duitse toeriste se Namibiese reis is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus...

VERKIESINGS 2019: GRONDHERVORMING, LANDBOU EN DIE KLIMAAT

7 ure gelede | Politiek

In die reeks neem ons politieke partye se manifeste in oënskou wat sekere sleutelkwessies betref.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Vergoeding vir volksmoorde en hervestiging van die...