Nuwe wet oor drank sal belasting, werk sny
Nuwe wet oor drank sal belasting, werk sny

Nuwe wet oor drank sal belasting, werk sny

‘n Beplande verbod op advertensies en borgskappe deur alkoholiese handelsmerke sal volgens Namibia Breweries geen werklike voordele vir die land inhou nie.
Sanet de Waal
Augetto Graig

Miljarde dollar se staatsinkomste en honderde werksgeleenthede is op die spel, sou die regering deurdruk met die omstrede konsepwet op die voorkoming en behandeling van middelemisbruik.

Namibië se rugby-unie het reeds die verbod op advertensies en borgskappe wat die wetgewing in die vooruitsig stel as drakonies en ‘n doodskoot vir talle sporte in die land beskryf.

Die besturende direkteur van Namibia Breweries (NBL), ‘n filiaal van die Ohlthaver & List-groep en een van die land se bekendste besighede, mnr. Marco Wenk, het die week die brouery se standpunt op rekord geplaas.

In Junie verlede jaar het die ministerie van finansies bereken dat die verbod op drank weens die Covid-19-pandemie die regering van byna N$300 miljoen se inkomste ontneem het. Volgens dieselfde verslag het die regering tydens ‘n periode van drie jaar sowat N$1 miljard se aksynsbelasting op drank en tabakprodukte verdien.

Volgens Wenk bestee NBL jaarliks tussen N$85 miljoen en N$100 miljoen aan bemarking en borgskappe.

“Die alkoholbedryf is ’n groot werkgewer in Namibië,” sê hy en voeg by dat die bedryf ‘n belangrike bydrae tot staatsinkomste en korporatiewe maatskaplike belegging maak.

“Die voorgestelde wetsontwerp sal in alle gevalle ‘n ernstige impak op die formele, wettige deel van die alkoholindustrie hê, terwyl die informele en onwettige deel van die bedryf heel waarskynlik onverpoosd sal voortgaan, en in baie gevalle ook verder sal groei,” sê Wenk.

“Die grootste deel van die Namibiese alkoholnywerheid is wettig en handel binne, en voldoen aan, die gevestigde en hoogs effektiewe Drankwet,” sê Wenk. “Ongelukkig sou 'n willekeurige verbod van so 'n aard nie net die NBL beïnvloed nie, maar ook ons ??hele waardeketting,” sê hy.

Volgens Wenk sal ondernemings wat inkomste of voordeel trek vanaf of deur die NBL die swaarste getref word. Die voorgestelde verbod sal NBL se volumes beïnvloed, wat volgens Wenk sonder twyfel tot werksverliese sal lei.

Die wetsontwerp herken volgens Wenk nie die werk wat die nywerheid se selfregulerende forum (SAIF) doen om verbruikers op te voed om alkohol verantwoordelik te gebruik en sodoende maatskaplike euwels te voorkom nie.

Wenk sê daar is geen bewyse dat ‘n verbod die gewenste uitwerking sal hê nie. “Dit sal eerder die grootste deel van die bevolking en besighede wat op die bedryf staatmaak benadeel as om die geteikende minderheid se gedrag te verander.

“Die bedryf, deur middel van SAIF, het die afgelope 18 maande by verskeie geleenthede sy voorneme bevestig om met die regering saam te werk om oplossings vir maatskaplike kwessies te vind,” sê Wenk. “Ons is vol vertroue dat oplossings gevind kan word as ons 'n inklusiewe benadering volg, wat sal lei tot bewysgebaseerde maatreëls om verbruiksgedrag te beïnvloed, ??terwyl ons terselfdertyd aandag kan gee aan die algemene impak,” sê Wenk.

SAIF SE STANDPUNT

Mnr. Horst Heimstädt, SAIF se koördineerder, sê verantwoordelike advertensieveldtogte is nie ‘n keuse nie, maar ‘n noodsaaklikheid; “nie net om die sigbaarheid van, en verwantskap met ‘n handelsmerk te verseker nie, maar dalk nog meer belangrik om die verantwoordelike gebruik van alkohol te herbevestig”.

Die media, drukkerye, die advertensie- en gasvryheidsbedrywe, venues vir sport en vermaak en besighede wat feeste en ander geleenthede bestuur, sal volgens hom almal skade lei.

Die drankbedryf verskaf volgens Heimstädt direk werk aan sowat 70 000 mense.

Navorsing wys volgens hom dat ‘n verbod nie noodwendig drankmisbruik verminder nie. In sekere lande wat die pad gestap het, drink mense nou meer.

Net 10% van die bevolking misbruik volgens Heimstädt drank.

Die heffing van bykomende belasting om vir voorkoming en rehabilitering te betaal, sal volgens SAIF die herstel ná Covid-19 bloot moeiliker maak.

Bykomende heffings het in Botswana en Zambië volgens Heimstädt nie drankgebruik verminder nie, maar die drastiese kostebesparings wat hierdeur veroorsaak is, het tot werksverliese van byna 50% gelei. Belastinginkomste het gekrimp en onwettige markte het bloot gegroei, sê hy.

Die bedryf se huidige borgskappe vir sport beloop volgens SAIF sowat N$20 miljoen per jaar. ‘n Verbod sal volgens Heimstädt vernietigend vir sport en sportontwikkeling wees. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037