Nuwe waarnemende regters aangestel
Die regsdienskommissie het Donderdag die name bekend gemaak van waarnemende regters wat op aanbeveling van die kommissie deur pres. Hage Geingob aangestel is.
Adv. Gerson Narib is vanaf 1 Julie tot 30 September op die bank; mnr. Boas Usiku vanaf 5 September tot 2 Desember en me. Elize Angula is vanaf 20 September tot 1 Desember aangestel. Narib en Angula is albei senior regspraktisyns en mnr. Usiku is ’n voormalige landdros wat nou as regspraktisyn in die private sektor praktiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie