Nuwe voorkoms vir Namibiese identiteitsdokumente

Henriette Lamprecht
Die kabinet het die bekendstelling van die nuwe identiteitsdokument met 'n nuwe uitleg vir Namibiese burgers, permanente inwoners, permithouers en vlugtelinge goedgekeur. Identiteitsdokumente met die nuwe voorkoms sal eerste gratis uitgereik word aan leiers en voormalige leiers waaronder president Hage Geingob, vise-president dr. Nangola Mbumba, eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi Ndaitwah en die voormalige presidente dr. Sam Nuyoma en Ilifikepunye Pohamba.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer