Nuwe vertaling van Bybel in Oshiwambo
Die Nuwe Oshiwambo Bybelvertalingsprojek het op 15 Januarie vanjaar in Ondangwa afgeskop. Dit word gesamentlik deur die Bybelgenootskappe van Namibië en Angola en met die ondersteuning van die Bybelgenootskappe in Finland, Duitsland, The Seed Company en Every Tribe Every Nation aangepak. Die behoefte aan nuwe vertalings van die Oshiwambo Bybel in die Oshikwanyama- en Oshindonga-dialek is deur die Bybelgenootskap van Namibië en kerkleiers van verskeie kerke geïdentifiseer. Die finale span van sewe vertalers en een projekleier is in Desember verlede jaar gekies en verteenwoordig die Evangeliese Lutherse, Katolieke en Anglikaanse kerk. Die projek sal na verwagting 'n jaar duur. Vir verdere inligting kan dr. Schalk Botha van die Bybelgenootskap van Namibië by 083 333 7780 of per e-pos by [email protected] gekontak word. Besoek ook die Facebook-blad Bible Society of Namibia.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie