Nuwe verbruike, nuwe uitdagings vir produsente
Nuwe verbruike, nuwe uitdagings vir produsente

Nuwe verbruike, nuwe uitdagings vir produsente

Pap en sous pleks van pap en vleis
Ronelle Rademeyer
Dr. Kobus Laubscher



'n Onlangse verslag van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) skyn die soeklig op belangrike verbruiks- en bestedingstendense.

Verbruikers se besteevermoë is ontwrig te midde van die pandemie, maar so ook as gevolg van die verswakkende ekonomie en gepaardgaande werkloosheid.

Met minder geld word anders gekoop, want mense moet kan eet. Stapelvoedsel se pryse styg, maar al is die styging kleiner as dié van sê vleisprodukte, word proporsioneel meer stapel gekoop as wat die hoër vleispryse verbruik afgedruk het. Dit word pap en sous in pleks van pap en vleis. Genadiglik dui vooruitskattings op voldoende stapels soos somergrane. Die mandjie van verbruiksitems is egter nie heilsaam genoeg nie, omdat daar nie balans is nie.

Wat nou nodig is, is 'n drastiese verandering in die bestedingsvermoë van verbruikers om weg te kan beweeg van slegs 'n vol maag. Besteding behoort lewenspeil blywend te kan lig en dit skep 'n ander tipe vraag waarop ekonomiese ontwikkeling geskoei kan word.

Kroniese honger moet eers gebreek word, hoewel dit oorhoofse klink na 'n rooskleurige toekoms vir produsente om die immer groeiende bevolkings globaal te kan voed.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) het vervolgens ook 'n verslag gepubliseer waarin verbruiksvooruitsigte ontleed is om landbou se rol in die vervulling van voedselbehoeftes beter te rig. Die feitelike verwagting is dat verbruik hand oor hand gaan toeneem. China sal na verwagting teen 2027 meer as dubbel verbruik as in 2017, terwyl Indië se verbruik nog meer sal toeneem. Dit is omdat meer mense anders werk en met veranderde materiële vermoë meer koop. Dit plaas druk op infrastruktuur soos meer en beter paaie en toegang tot alledaagse geriewe soos bankoutomate. Terselfdertyd het hierdie groeiende en veranderde bestedingspatrone 'n bykans onomkeerbare negatiewe impak op die omgewing sodat groter bewusmaking en opleiding in daardie verband ewe belangrik is.

Die “nuwe” verbruiker is bemagtig en globale markte word grensloos. Die produsente se sukses ten opsigte van mark­indringing en -aandeel, word bepaal deur sy vermoë om aangepaste produkte te lewer. Daar is 'n groeiende behoefte om te kan wegbeweeg van massavervaardigde goedere.

Vervaardigers en verbruikers moet oor behoeftes kommunikeer. Handelsmerk oorloë alleen sal nie voldoende wees nie. Die meer vermoënde verbruiker wil kies en keuses grond op inligting.

Dit is genoeg bewys dat Namibië nooit sy houvas in die mark ten opsigte van naspeurbaarheid en die waarborge wat daarmee saamgaan, kan verslap nie. Daar moet ten alle koste gewaak word teen enige poging wat die gesondheidstatus van Namibiese vleis in gevaar kan stel.

Die politieke druk om die rooilyn af te breek, sal dus 'n katastrofiese impak op mededingendheid van vleis uit Namibië in die uitvoermark hê. Druk om daardie rooilyn eerder noordwaarts te skuif en die grens met Angola op dieselfde standaard te bring as die suidelike grens, vereis 'n dringende strategie.

'n Verdere bevinding van die WEF is dat in lande waar veranderde verbruiksbesteding reeds die pas van ekonomiese ontwikkeling aangee, maatskappye agterweë bly. Sulke maatskappye probeer om die tendens anders te rig om hul eie strategiese onfiksheid te verbloem. Maatskappye wat dus voordeel wil trek uit hierdie anderse groeistimulasie, moet op die hoogte kom van wat verbruikers verlang.

Reputasie kry nuwe dimensies en van dit behels dat maatskappye dalk meer betrokke moet raak by die bemagtiging van die verbruiker om beter keuses te maak. Verby is die dae om 'n verbruiker in 'n drukgang te plaas en sodoende te dink hy/sy gee nie om wat buite gebeur nie. Landbou-organisasies moet hieruit leer wanneer hulle betoog vir beter omstandighede vir hul lede. Die tyd het aangebreek om deel te word van 'n proses van bemagtiging deur die hele waardeketting tot by die verbruiker.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.30/OZ UP +0.20% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.34% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.30/OZ UP +0.20% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.34% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048