Nuwe stappe vir JKA
Karate
Die Namibiese tak van die Japannese Karate-vereniging (JKA) is in 1998 gestig om gehalte opleiding aan studente en instrukteurs in die Shotokan-styl te kan gee.
Die idee was om karate, soos geleer deur JKA, aan studente en instrukteurs oor te dra. Om aan die doelwitte van JKA Namibië te voldoen, is baie lede toe deur die amptelike Dan-sertifiseringstelsel gegradeer om hul sertifikate van JKA Japan se hoofkantoor in Tokio te ontvang en erken te word.
Ná 20 jaar van verbondenheid aan JKA Japan het JKA Namibië die strategiese besluit geneem om by die Wêreld- Karatenomichi-federasie (WKF) aan te sluit.
Die Namibiese eenheid se nuwe naam sal dus WKF Namibië wees.
Die WKF word tans onder leiding van die legendariese Mikio Yahara (agtste Dan) en die hulp van assistent-hoofinstrukteurs en internasionale instrukteurs aangevuur.
As lid van hierdie organisasie sal WKF Namibië toegang tot die beste moontlike opleiding hê.
Wat belangrik is, is dat Namibiërs toegang tot gevorderde opleiding sal kry en meer geleenthede gaan hê om vir ‘n senior Dan te kwalifiseer.
Belangstellendes kan sensei Theo de Kock by 081 257 0309 skakel, of ‘n e-pos aan [email protected] stuur. Besoek ook www.namjkakarate.com vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie