Nuwe skool staan verlate
’n Nuutgeboude skool by die regering se Neu Sommerau-hervestigingsplaas naby Kombat staan verlate met die blaam hiervoor wat oor en weer op die Otjozondjupa-direktoraat vir onderwys se kantoor op Otjiwarongo en die ministerie van grondhervorming geplaas word.
Die skool huisves vier klaskamers, twee slaapkamers wat as woonkwartiere vir onderwysers dien, asook toiletgeriewe. Dit is in 2015 deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur teen ’n beraamde koste van N$2 miljoen opgerig. Sedert dit egter in 2016 voltooi is, staan dit leeg. Volgens die streek se hoofbeplanner vir onderwysontwikkeling, me. Veziruapi Tjombonde bly die skool se deure toe totdat die krag aangesluit en rioolnetwerke voltooi is en waarvoor die ministerie van grondhervorming volgens haar verantwoordelik is. Laasgenoemde sê egter die geboue behoort nie aan hulle nie. Die plaas het meer as 2 000 inwoners en die meeste kinders is ingeskryf by ’n primêre skool op Kombat, sowat 10 km van die plaas. Die nuwe skool sal onderrig vanaf pre-primêr tot graad 3 vir leerlinge op die plaas verskaf. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie