Nuwe rekord van 363 gevalle, Windhoek 218 gevalle
'n Nuwe rekordgetal bevestigde Covid-19-gevalle sedert die eerste geval op 14 Maart vanjaar in die land aangeteken is, is vandag aangemeld en wel 363. Hiervan is 218 in Windhoek. Laasgenoemde sluit 18 leerlinge, tien onderwysers, 15 studente en tien gesondheidswerkers in. In die res van die land het nog 15 gesondheidswerkers positief getoets wat 11 mediese studente van die Universiteit van Namibië se mediese skool insluit. Sewe gevangenes op Keetmanshoop, ses werknemers van 'n druiweplaas op Aussenkehr, 16 werknemers uit die mynbedryf en vier werknemers uit die visbedryf op Lüderitz het ook positief getoets.
Uit die 363 gevalle is 218 in Windhoek, 24 in Lüderitz, 15 in Keetmanshoop, 11 in Karasburg, 27 in Rehoboth, tien in Okahandja, nege in Otjiwarongo, ses in Usakos, vyf in Walvisbaai, vier in Swakopmund, drie in Omaruru, 16 in Oshakati, sewe in Andara, vyf in Tsumeb, twee in Khorixas en een in Gobabis aangeteken.
Nog 215 mense het herstel wat die totaal op 15 196 te staan bring. Dit sluit 105 in Khomas, 69 in Erongo, 32 in //Kharas, drie elk in onderskeidelik Kunene en Ohangwena, twee in Oshana en een in Omusati in.
Die aktiewe gevalle staan nou op 1 913 waarvan 152 in die hospitaal en 26 in intensiewesorgeenhede (ICU) is. Khomas het 57,9% en 84,6% onderskeidelik van gehospitaliseerde en ICU-gevalle.
In Khomas is 88 in die hospitaal en 22 in ICU, in Erongo 29 in die hospitaal en drie in ICU, in Hardap en Oshana onderskeidelik agt elk in die hospitaal, in Ohangwena en Oshikoto elk onderskeidelik ses in die hospitaal terwyl laasgenoemde een in die ICU het, terwyl Kavango-Oos en Kunene elk onderskeidelik een geval in die hospitaal het.
Tot op hede is 180 521 weefselmonsters getoets, 3 756 kontakte word gemonitor en 888 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie