Nuwe padtekens vir Keetmanshoop
Die munisipaliteit van Keetmanshoop het onlangs al die padtekens op die dorp met nuwe borde vervang. Altesaam 22 stop-, sewe toegee- en vier geen toegang-tekens is vervang. “Ons het ook al die strepe op die dorp se paaie oorgeverf om die dorp ’n skoner en mooier gesig te gee,” het superintendent Mila Cloete van die munisipaliteit gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie