Nuwe lughawepad: Fase een vorder

Tanja Bause
Tanja Bause - Die eerste fase van die bou van die dubbelpad wat van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako tot in Windhoek sal strek, en sowat N$800 miljoen sal kos, nader voltooiing.

Volgens mnr. Conrad Lutombi, die Paaieowerheid (RA) se uitvoerende hoof, het fase een op 18 Januarie 2016 afgeskop en sal dit teen 28 November vanjaar voltooi wees.

Fase een strek van die Auasweg-wisselaar af tot waar die westelike verbypad en Mandume Ndemufayoweg by die Universiteit van Namibië (Unam) kruis, en is sowat 9 km lank.

Fase twee gaan van die Auasweg-wisselaar af tot by Dordabis en die lughawe strek.

“Daar is verskeie wisselaars om die vrye vloei van verkeer te verseker. Daar is byvoorbeeld ’n wisselaar wat deur motoriste gebruik sal word wat na of van Rehoboth, Okahandja en die lughawe reis,” sê Lutombi.

VKE Consulting Engineers was die konsultant vir fase een en China Railway Seventh Group, in samewerking met Onamagongwa Trading Enterprises, die kontrakteur.

“Toegang van die westelike verbypad af tot Academia via Hegelstraat sal middel September gesluit word. Die ontwerp vir toegang tot die Windhoek Buitekluboord en Kasino en Prosperita is voltooi en die konstruksie daarvan sal in Oktober begin,” sê die uitvoerende hoof.

Volgens hom maak talle vierwielmotorfietsryers en bergfietsryers tans van die bouterrein gebruik om op te ry.

“Dit is onwettig en ons vra mense om dit te staak. Dit is ’n bouterrein en dié mense skep ’n veiligheidsrisiko. Nog ’n bekommernis is taxi’s wat onwettig op die verkeerseiland oorkant Prosperita parkeer en mense wat eenvoudig oor die pad loop. Die RA wou drade langs die konstruksieroete opsit, maar die munisipaliteit was daarteen gekant,” sê Lutombi.

Hy het ’n beroep op mense gedoen om by die spoedbeperkings te hou en om op te let na beamptes met rooi vlae langs die pad.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!