Nuwe klaskamers vir Light for the Children
Die Duitse ambassade in Windhoek het onderneem om die Light for the Children Foundation op Gobabis finansiële steun te bied.
Die inspuiting van N$278 804 sal vir die bou van drie klaskamers en ‘n kantoor aangewend word.
Die sentrum is in 2002 deur gemeenskapslede in die informele nedersetting Kanaan op Gobabis in die lewe geroep.
Met karige middele tot hul beskikking, soos gebruikte boumateriaal, is strukture opgerig om die stigting te huisves.
Dié strukture is vandag nie meer veilig nie.
Die nuwe klaskamers is ontwerp om ‘n positiewe ruimte te skep waar die kinders en gemeenskapslede gemaklik en veilig voel.
Past. Henk Olwage is aan die stuur van die stigting en word deur 22 werknemers ondersteun, wat na sowat 300 kinders omsien.
Die hoofdoel van die stigting is vroeë kinderontwikkeling deur opgeleide personeel.
‘n Daaglikse voedingsprogram word ook aangebied, wat nie net tot voordeel van die kinders is nie, maar ook ‘n maaltyd aan die armste lede van die gemeenskap verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie