Nuwe droogtebeleid 'in gevorderde stadium'
Die nuwe nasionale droogtebeleid moet onder meer nuwe uitdagings soos aardverwarming en klimaatsverandering in ag neem.
Elvira Hattingh
Die ontwikkeling van die nuwe nasionale droogtebeleid is tans in 'n gevorderde stadium en die ministerie van landbou, water en bosbou sal binnekort 'n finale werkwinkel hieroor hou.
Dié werkwinkel sal na verwagting vanjaar nog aangebied word, het mnr. Petrus Uushona, beleidsontleder vir die ministerie se direktoraat van beplanning en besigheidsontwikkeling, onlangs gesê.
Hy het belangegroepe tydens 'n samekoms in Windhoek oor klimaatsverandering en voedselsekuriteit in Namibië toegespreek.
Uushona het verduidelik dít volg nadat die regering in 1995 reeds sekere korttermynmaatreëls vir droogte onder die vaandel van die nasionale droogtebeleid en strategie ingestel het.
“Toe is 'n taakspan aangestel om 'n nasionale noodplan en langtermyn- droogtebestuursbeleid en -strategie in te stel.
“Ná 20 jaar se toepassing van hierdie strategie is besluit dit moet weer aangepas word om nuwe uitdagings soos aardverwarming, klimaatsverandering, bevolkingsgroei en die groeiende vraag na kos en water in ag te neem,” het Uushona gesê.
Beleide voor 1997 s'n het glo ook tekortgeskiet omdat dit nie 'n behoorlike definisie van droogte bevat het nie, wat beteken dit is op 'n ad hoc-basis toegepas, eerder as wetenskaplik.
Boonop het dié beleide nie voorgestel hoe risiko's binne boerderypraktyke verlaag kan word nie, en die onus om risiko's te bestuur, asook die finansiering van bystandprogramme het op die regering gerus.
Dit was ook op onvolhoubare boerderypraktyke geskoei en voedselverspreidingsprogramme in droogtes was nie doeltreffend nie, het Uushona gesê.
Die nuwe beleid het ten doel om seker te maak droogtes boet nie huishoudelike voedselsekuriteit in nie, en om boere aan te moedig om maatreëls te implementeer om beter bestand teen droogtes te wees.
Verder is die plan om droogtebystandprogramme meer doeltreffend te finansier deur 'n onafhanklike en permanente nasionale droogtefonds te stig en om seker te maak alle gemeenskappe, skole, klinieke en vee het altyd toegang tot drinkwater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie